Graad 12 Wiskundige Geletterdheid
- Les 6-Staafskaal
- NOTAS
Lynskale
Nota: Die lynskaal moet gewoonlik met behulp van 'n liniaal gemeet word, maar vir die doeleindes van die les sal die afmetings aan julle voorsien word.
Nog 'n manier om die skaal van 'n kaart aan te toon, is deur 'n lynskaal te gebruik.
'n Lynskaal is 'n diagram wat die skaal aantoon en op die werklike kaart of plan verskyn.
Die diagram hieronder illustreer 'n lynskaal:
Jy sal die lynskaal moet meet om die verhouding tussen die afstand op die kaart en die werklike afstand vas te stel.
In die lynskaal hierbo is elke afdeling 1 cm lank. Wat sê dit vir ons?
•Dit sê vir ons dat die skaal 1 cm:1 km is.
•Dit sê vir ons dat, vir elke centimeter wat op die kaart gemeet word, die werklike afstand 1 kilometer is.
Die voordeel van 'n lynskaal is dat, wanneer die kaart gekopieer word, die lynskaal ook in dieselfde verhouding gekopieer word, sodat die skaal akkuraat bly.
Soms word beide 'n lynskaal en die verhouding gegee.
As die kopie nie 'n akkurate weergawe van die oorspronklike is nie, kan dit tot verwarring lei – maak seker dat jy spesifiseer watter skaal jy gebruik as dit gebeur.
Voorbeelde:
Die volgende is 'n lynskaal op 'n kaart:
1.Hoeveel kilometer word deur elke afdeling verteenwoordig?
2.Bereken die skaal van die kaart met behulp van die lynskaal. (Die totale lengte van die staaf is 7,5 cm.)
3.Hoeveel kilometer word op die grond deur 13 cm op die lynskaal verteenwoordig?
4.Hoeveel cm op die lynskaal word deur 42 km op die grond verteenwoordig?
Antwoorde:
1.200 km ÷ 5 = 40 km
2.Kaart:Werklik
7,5 cm:200 km
7,5 cm:200 × 100 000 cm
7,5 cm:20 000 000 cm
1:2 666 666
1:2 500 000
3.Kaart:Werklik
1:2 500 000
13 cm:2 500 000 × 13 cm
Afstand op grond = 32 500 000 cm = 32 500 000 ÷ 100 000 km = 325 km
4.Kaart:Werklik
1:2 500 000
42 km = 42 × 100 000 cm = 4 200 000 cm
Afstand op lynskaal = 4 200 000 ÷ 2 500 000 km = 1,68 km
Soms is die lynskaal is nie 'n staaf nie, maar net 'n lyn met verdelings.