Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 1-Formaat van die eksamen
  • NOTAS
  • Formaat van eksamen

    Jy sal twee vraestelle skryf:

    Tyd: 2 uur

    Punte: 100

    Vraestel 1: Vaardigheidsgebaseerde vraestel wat vlakke 1 tot 3 (hieronder bespreek) en bekende kontekste dek.

    Vraestel 2: Toepassingsvraestel met beide bekende en onbekende kontekste.

    Die vrae in 'n vraestel word soos volg op grond van die vlakke gemerk:

    Ken – basiese vrae wat baie bekend moet wees, dikwels net 1 tot 3 punte. Byvoorbeeld, direk van 'n tabel of grafiek aflees; basiese bewerkings soos optel, aftrek en persentasies uitvoer; antwoorde afrond; herleidings.

    Roetine-prosedures – soort vrae wat dikwels in die klas geoefen is. Byvoorbeeld, in 'n vergelyking vervang; grafieke skets; 'n begroting opstel; waardes uit 'n grafiek skat; skaal bereken.

    Prosedures met meervoudige stappe – dit vereis meer as een stap en die metode is dalk nie onmiddellik voor die hand liggend nie. Byvoorbeeld, besluit watter soort grafiek die beste vir die voorstel van inligting sal wees; besluit op die toepaslike skaal waarin 'n diagram op skaal geskets word; gebruik kaarte, weervoorspellings en afstandtabelle om 'n toer te beplan.

    Beredenering en weergawe – vereis 'n besluit, opinie, of voorspelling omtrent 'n scenario en moet gewoonlik deur berekeninge gerugsteun word. Byvoorbeeld, die vergelyking van data soos bankkostes; die ontleding van 'n inkomste-en-uitgawestaat en die lewering van advies.

    Vraestel 1: Vaardigheidsgebaseerde vraestel – hoofsaaklik ken- en roetine prosedures.

    Vraestel 2: Toepassingsvraestel – hoofsaaklik kompleks en met beredenerings- en weergaweprosedures.

    Onderwerpe wat in Graad 11 gedek is, en ook in Graad 12 getoets word, maar nie noodwendig in Gr 12 herhaal word nie:

    Getalle en berekeninge met getalle 

    Patrone, verhoudings en voorstellings – grafieke ingesluit

    Onderwerpe gedek:

    Finansies

    Skaal- en kaartwerk

    Meting

    Herleidings en tyd

    Lengte

    Gewig

    Volume

    Temperatuur

    Omtrek

    Oppervlakte

    Volume

    Datahantering

    Voorbeeld:

    1.Vereenvoudig:  × (1,764 + 2,346) - 

    2.Skryf 6,25% as 'n gewone breuk.

    Antwoorde:

    1.2,3825 ≈ 2,38