Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 8-Winsgrense
  • NOTAS
  • Winsgrense

    Prysverhoging is die persentasie van die kosprys wat jy byvoeg om die verkoopprys te kry.

    Winsgrens is die persentasie van die finale verkoopprys wat wins is.

    Wins = verkoopprys – kosprys

    Om die winsgrens te bereken, gebruik ons die formule:

    Winsgrens = 

    Daar is 'n verskil in hierdie twee konsepte en die winsgrens is 'n beter aanduiding van hoe goed 'n produk of maatskappy vaar.

    Kom ons bestudeer die verskil tussen die 2 konsepte.

    'n Item wat R120 kos en waarby 'n prysverhoging van 50% gevoeg word, sal R180 kos.

    Die werklike wins is R60.

    Die winsgrens op hierdie item sal:

     wees.

    Die prysverhoging-% lyk dus goed, maar wanneer die winsgrens uitgewerk word, lyk dit nie so goed nie.

    Dit is dus beter om na die winsgrens te kyk en nie na die prysverhoging nie.

    As jy 'n besigheid wil koop, kyk altyd na die winsgrens, aangesien dit vir jou sal aandui hoe goed 'n maatskappy vaar.

    Oorweeg die volgende 2 scenarios:

    'n Maatskappy het 'n inkomste van R1 500 000 en kostes van R800 000.

    'n Maatskappy het 'n inkomste van R300 000 en kostes van R45 000.

    Onthou om eers die wins te bereken deur die kostes van die inkomste af te trek.

    Die wins vir die eerste maatskappy word soos volg bereken:

    R1 500 000 – R800 000 = R700 000

    Die wins vir die tweede maatskappy word soos volg bereken:

    R300 000 – R45 000 = R255 000

    Die winsgrens vir die eerste sal:

     wees.

    Die winsgrens vir die tweede sal:

     wees.

    Die tweede maatskappy is beter daaraan toe as die eerste een.

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Hieronder is die tabel met tariewe vir Oos-Londen.  As die koste van water teen die ou tarief, BTW ingesluit, R264,39 is, bereken hoeveel kiloliter verbruik is.

    Pryse per kl BTW uitgsl

    2011/2012

    2012/2013

    0 – 6

    6,51103

    7,49745

    7 – 10

    6,63871

    7,64447

    11 – 20

    9,22030

    10,61718

    21 - 30

    11,95225

    13,76302

    > 31

    14,99941

    17,27182

    Les 2

    Hieronder is 'n tabel wat elektrisiteitskostes aantoon.

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    Julie 2011/Junie 2012

    Julie 2012/Junie 2013

    1 – 100

    96,94

    101,79

    101 – 400

    102,94

    113,85

    401 – 650

    108,44

    120,37

    > 650

    115,54

    128,25

    Bereken die koste van die verbruik van 812 kWh in Mei 2013.

    Les 3

    1.Dit het Ridge R1 150 gekos om 'n rok vir die matriekafskeid te maak. Hy verkoop dit vir R1 840. Bereken die persentasie wins wat Ridge op die rok gemaak het.

    2.'n Winkel verkoop musiekstelsels vir motors teen afslag van 35%. As die  musiekstelsel nou R830 kos, wat was die oorspronklike verkoopprys, korrek tot die naaste Rand?

    Les 4

    Stel die winsgrens, korrek tot 1 desimale plek, vas as 'n produk wat R330 kos vir R650 verkoop word.

    ANTWOORDE

    Les 1

    Koste BTW ingsl = R264,39

    114% × Koste BTW uitgsl = R264,39

    Koste BTW uitgsl = R264,39 ÷ 114% = R231,92

    Pryse BTW uitgsl

    klverbruik

    Koste /kl

    Koste

    Kumulatiewe koste totaal

    0 – 6

    6

    6,51103

     R   39,07

     R   39,07

    7 – 10

    4

    6,63871

     R   26,55

     R   65,62

    11 – 20

    10

    9,2203

     R   92,20

     R 157,82

    21 - 30

    10

    11,9523

     R 119,52

     R 277,34

    R277,34 is meer as die totaal van die rekening, wat beteken dat tussen 21 en 30 kl verbruik is.

    Koste van oorblywende kl = 231,92 – 157,82 = 74,10

    Aantal kl = 74,10 ÷ 11,9523 = 6,19,,, ≈ 6,2kl

    Totale waterverbruik = 20 + 6,2 = 26,2 kl

    Les 2

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    kWh verbruik

    Julie 2012/ Junie 2013

    Koste

    1 – 100

    100

    101,79

    R  101,79

    101 – 400

    300

    113,85

    R  341,55

    401 – 650

    250

    120,37

    R  300,93

    > 650

    162

    128,25

    R  207,77

    Totale kWh

    812

    Subtotaal (R)

    R 952,04

      

    BTW 14%

    R 133,29

      

    Totaal

    R 1 085,33

    Les 3

    1.Wins = 1 840 – 1150 = R690

     × 100 = 60%

    2.Afslag van 35%, dus 65% van die oorspronklike prys.

    65% × oorspronklike verkoopprys = R830

    Oorspronklike verkoopprys =  = R1 276,92…  R1 277

    Les 4

    Wins = R650 – 330 = R320

    Winsgrens =  × 100 = 49,23…  49,2%