• Vrae uit vorige vraestelle (vervolg)

    Aanvullende vraestel 2 2012

    Voorbeeld:

    Die hoof van die plaaslike skool vra vir Lihle om die bedryf van die skool se snoepie oor te neem. Hy wil vir Lihle wys dat die jaarlikse wins uit die snoepie elke jaar toeneem. TABEL 1 hieronder toon die wins van die snoepie vir die laaste vyf jaar.

    Jaar

    2007

    2008

    2009

    2010

    2011

    Wins (R)

    10300

    10200

    10400

    10400

    10500

    Die data in TABEL 1 kan voorgestel word soos in die grafieke hieronder aangedui.

                                        

    1.Verduidelik waarom die twee grafieke verskillende vorms het.

    2.Identifiseer en verduidelik watter EEN van die twee grafieke die hoof sou gebruik om vir Lihle te wys dat die jaarlikse wins toegeneem het.

    Antwoorde:

    1.Die wins vir die jare 2008 en 2010 is nie in grafiek B aangestip nie.

    2.Grafiek B

    Grafiek B verberg die jare waar die jaarlikse wins afgeneem, of dieselfde gebly het, en skep dus die indruk dat die wins elke jaar toegeneem het.

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Hieronder is 'n staafgrafiek wat die verdienste van 'n groot korporasie in miljoene Rand aandui.

    1.Watter jare het negatiewe verdienste getoon?

    2.Van die jare met negatiewe verdienste, watter het die grootste verlies getoon?

    3.Hoe groot was daardie verlies?

    4.Tussen watter twee jare was daar die grootste verandering in verdienste?

    5.In geheel, oor die tydperk van ses jaar wat aangetoon word, hoeveel is gewen of verloor?

    Les 2

    Bestudeer die grafiek hieronder.

    1.Bereken die persentasie verhoging in huispryse.  Gebruik die formule:

     × 100

    2.Waarom is hierdie grafiek misleidend?

    Les 3

    Aanvullende Vraestel 1 2013

    Mev. Botha het elke dag vir 'n week lank 'n opname gedoen om die benaderde aantal minute wat haar Graad 8- en Graad 12 leerders televisie gekyk het, vas te stel.

    Sy het die uitslae (in minute) van haar opname soos volg aangeteken:

    GRAAD 8

    3045606060
    909595120120
    120120150150180

    GRAAD 12

    0303030
    40454550
    60606060
    60150150180

    1.Stel die steekproefgrootte van die opname vas.

    2.Hoeveel leerders het geen televisie gedurende die week gekyk nie?

    3.Bereken die omvang van die tyd wat die Graad 8-leerders aan televisie kyk bestee.

    4.Skryf die modale tyd neer wat die Graad 8-leerders aan televisie kyk bestee.

    5.Stel die mediaantyd vas wat die Graad 8-leerders aan televisie kyk bestee.

    6.Bereken die gemiddelde tyd wat die Graad 12-leerders aan televisie kyk bestee.

    Les 4

    Mnr. Gys en sy vriende wil een naweek gaan kamp. Om hulle met die beplanning van hulle kamp te help, het hulle 24-uur-meteogramme gebruik om te sien hoe die weerstoestande sou wees. ('n Meteogram is 'n grafiek van die voorspelde weerstoestande vir 'n sekere tydperk. Dit toon die temperatuurskommelings, die wolktoestande en die moontlikheid van reën, aan.)

    Die meteogramme het die voorspelde weer vir twee dae aangetoon.

    Meteogramme vir Dag 1 en Dag 2; Dag 1; Temperatuur in °C; tyd van die dag; Dag 2; halfmaan; sonnig; gedeeltelik bewolk; bewolk; bewolk met reënbuie

    Gebruik die meteogramme om die volgende vrae te beantwoord:

    1.Gee 'n skatting van die tydperk op Dag 1 wat die voorspelde temperatuur onder 0°C sal val.

    2.Skat die maksimum temperatuur op Dag 2 en die tyd toe die temperatuur op Dag 2 sy maksimum bereik het.

    3.Tydens watter tydsinterval was die voorspelde temperatuur op Dag 1 laer as die voorspelde temperatuur op Dag 2?

    4.Gebruik die omvang van die temperature vir die twee dae om vas te stel op watter een van die twee dae jy sou voorstel dat hulle gaan kamp. Verduidelik jou antwoord deur ALLE berekeninge aan te toon.

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.In 2007 en 2010 was die verdienste negatief (verliese).

    2.Die grootste verlies het in 2007 voorgekom.

    3.Die grootste verlies was 10 miljoen rand.

    4.Tussen 2009 en 2010 was daar 'n verandering vanaf 'n wins van 20 miljoen na 'n verlies van 5 miljoen, wat die grootste verandering tussen twee jare is.

    5.10 + 12,5 -10 + 10 + 20 -5 = R37.5 miljoen wins.

    Les 2

    2.Die titel sê vir die leser wat om te dink – dat die verhoging in huispryse massief is.

    Die skaal begin nie by 0 nie.

    As jy na die grafiek kyk, kry jy die indruk dat die prys amper verdriedubbel het, terwyl die werklike verhoging net 12,5% is.

    Les 3

    1.15 + 16 = 31

    2.1 (een)

    3.Omvang = 180 – 30 = 150 min

    4.120 min

    5.Mediaan = 95 min

    6.Gemiddelde =  =  = 65,63 minute

    Les 4

    1.9 uur

    2.7°C

    15:00

    3.Tussen 00:00 en 09:00

    4.DAG 1

    Omvang ≈ 15 °C – ( – 4 °C) ≈ 19 °C

    DAG 2

    Omvang ≈ 7 °C – ( –1, 6 °C) ≈ 8,6 °C

    Hulle moet op DAG 1 gaan. Hoewel die nagtemperature kouer as op Dag 2 is, is die dagtemperature hoër en die temperatuuromvang is groter.

    OF

    Hulle moet op DAG 2 gaan. Hoewel die dagtemperature kouer as DAG 1 is, is die nagtemperature warmer.