Graad 11 Wiskundige Geletterdheid
- Les 4-Hersiening van grafiek terminologie
- NOTAS
Die skets van grafieke uit 'n tabel
In hierdie les sal ons basiese grafiekterminologie hersien en grafieke uit 'n tabel skets.
Kom ons hersien wat ons omtrent grafieke behoort te weet.
❖Grafieke word op 'n Cartesiese vlak geskets, wat gevorm word wanneer twee asse mekaar reghoekig sny.
❖Die vlak is in 4 kwadrante verdeel.
❖Die punt waar die asse mekaar sny, word die oorsprong genoem en het die koördinate.
❖In 'n geordende paar is die x-koördinaat die eerste waarde en die y-koördinaat die tweede waarde.
❖Die x-koördinaat is die onafhanklike veranderlike en word altyd op die horisontale as gestip.
❖Die y-koördinaat is die afhanklike veranderlike en word op die vertikale as gestip. Die y-waarde hang van die x-waarde af.
❖Die meeste grafieke waarmee ons in Wiskundige Geletterdheid te doen kry, kom in die eerste kwadrant voor, omdat die ‘x’- en ‘y’-waardes gewoonlik positief is.
❖In Wiskundige Geletterdheid gebruik ons selde × en y as ons punte; ons verwys net na die horisontale as as die as met die onafhanklike veranderlike en die vertikale as as die een waar ons die afhanklike veranderlike stip.
❖Kies 'n toepaslike skaal vir die grafiek wat jy skets. Die grafiek behoort so groot as moontlik te wees, sodat dit makliker is om mee te werk.
❖Die verdelings op 'n as moet ewe groot wees, maar hoef nie dieselfde op altwee asse te wees nie.
❖Wanneer 'n lineêre (reguit lyn) grafiek geskets word, gebruik 'n liniaal!
❖Alle grafieke moet 'n opskrif hê; elke as moet toepaslik benoem word en indien nodig, eenhede insluit.
❖As meer as een grafiek geskets is, moet hulle duidelik benoem word, of 'n sleutel moet ingesluit word.
In Wiskundige Geletterdheid sou 'n tipiese grafiek soos volg lyk:
Jack en Jill ry teen die bult af; afstand; tydDie skets van grafieke uit 'n tabel.
❖Simon verkoop tweedehandse motors. Hy ontvang 'n basiese salaris van R5 000,00 per maand en verdien R500,00 kommissie op elke motor wat hy verkoop.
1.Vul die volgende tabel in:
Aantal motors verkoop (c)
0
1
2
3
10
12
Geld verdien (e)
R5 000
R5 500
2.Stel die vergelyking vas wat die bedrag deur Simon verdien, ‘e’, vir die aantal motors wat hy verkoop, ‘c’, verteenwoordig.
3.Skets 'n grafiek om bogenoemde data voor te stel.
Geld verdien vs. aantal motors verkoop; Geld verdien; Aantal motors verkoop
1.Gebruik die grafiek om die volgende vrae te beantwoord:
a.As Simon 8 motors verkoop, hoeveel geld sal hy verdien?
R9 000
b.As Simon 'n minimum van R11 500,00 per maand nodig het, hoeveel motors moet hy verkoop?
13 motors
EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE
Les 1
Skryf die volgende drie terme in elk van die volgende rye neer:
1.15; 25; 35;...
2.9; 16; 25; ...
3.33; 30; 27; 24;...
4.9; 18; 36; ...
5.5;8;11;14;...
6.3; 12; 48; 192; ...
7.4;8;12;16;...
8.1; 3; 6; 10; ...
Les 2
1.Stel die waardes van die veranderlikes vas.
Onafhanklike
1
2
3
4
b
8
d
Afhanklike
3
8
13
a
28
c
68
2.Stel die waardes van die veranderlikes vas.
Onafhanklike
1
2
3
4
f
7
Afhanklike
4
16
64
e
4096
g
3.Stel 'n tabel met waardes op, gegewe die volgende formules:
a.
b.
Les 3
Skryf die vergelykings vir die volgende tabelle.
1.
1
2
3
4
5
2
5
8
11
14
2.
1
2
3
4
5
7
12
17
22
27
3.
1
2
3
4
5
3
9
27
81
243
Les 4
Gary se stokperdjie is om modelle van klein seilbote te maak. Hy besluit om 'n paar te maak om te verkoop. Sy vaste koste is R2 000,00 en elke seilboot kos hom R60,00 om te maak. Dit neem baie tyd om te maak, dus verkoop hy dit teen R150,00 elk.
Die vergelyking vir sy uitgawes is:
Koste = R2 000,00 + [R60,00 × aantal seilbote (b)]
As ons dit vereenvoudig: .
1.Stel die vergelyking vir sy inkomste vas.
2.Vul die tabel vir die inkomste ontvang, in.
Aantal seilbote gemaak (t)
0
10
20
30
40
50
Uitgawes (C)
2 000
2 600
3 200
3 800
4 400
5 000
Inkomste (I)
3.Gebruik die tabel om die grafieke wat die uitgawes en inkomste van “Gary se Seilbote” verteenwoordig, te skets.
4.Gebruik die grafiek om die volgende te beantwoord:
a.Hoeveel seilbote moet Gary verkoop om gelykop te speel?
b.Hoeveel wins sal Gary maak as hy 42 seilbote verkoop?
c.As hy 'n verlies van R2 000,00 ly, hoeveel seilbote het hy verkoop?
d.As hy R1 000,00 wins maak, hoeveel seilbote het hy verkoop?
ANTWOORDE
Les 1
1.45; 55; 65
2.36; 49; 64
3.21; 18; 15
4.72; 144; 288
5.17; 20; 23
6.768; 3072; 12 288
7.20; 24; 28
8.15; 21; 27
Hierdie getalle word die driehoeksgetalle genoem.
Les 2
1.= 18
= 6
= 38
= 14
2.= 256
= 6
= 16 384
3.a.
1
2
3
4
5
0
3
6
9
12
b.
1
2
3
4
5
- 3
0
5
12
21
Les 3
1.
2.
3.
Les 4
1.Inkomste = 150 × Aantal seilbote
2.
Aantal seilbote gemaak (t)
0
10
20
30
40
50
Uitgawes (C)
2 000
2 600
3 200
3 800
4 400
5 000
Inkomste (I)
0
1 500
3 000
4 500
6 000
7 500
3.
Uitgawes; Inkomste
4.
a.22 bote
b.R6 250 – R4 500 = R1 750
c.geen
d.32 tot 34