Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 9-Volume en oppervlakte van reghoekige prismas
  • NOTAS
  • Volume en oppervlakte van reghoekige prismas

    Die volume van 'n voorwerp is die hoeveelheid ruimte wat dit in beslag neem.

    Die oppervlakte van 'n voorwerp is die som van al die vorms wat die oppervlakte van die voorwerp vorm.

    Hierdie twee aspekte is belangrik wanneer met 'n reghoekige prisma gewerk word.

    'n Prisma is 'n 3-dimensionele voorwerp met 'n paar parallelle aansigte.

    Byvoorbeeld:

    'n Dobbelsteen is 'n kubus.

    'n Snesiehouer is 'n reghoekige prisma of 'n kuboïed.

    'n Blikke koeldrank is 'n silinder.

    Om die volume van 'n prisma te bereken, word die volgende basiese formule gebruik:

    Volume van 'n prisma = oppervlakte van basis × hoogte van die prisma.

    Vir 'n reghoekige prisma, is die formule:

    Volume = lengte × breedte × hoogte

    Volume = l.b.h

    Voorbeeld:

    Stel die volume van die bergruimte in 'n meubelvervoerwa vas, as dit die volgende afmetings het:

    Lengte = 6,2 m

    Breedte = 2,1 m

    Hoogte = 2,6 m

    Volume = l.b.h= 6,2 m × 2,1 m × 2,6 m= 33,852 m3

    Oppervlakte van 'n kubus = 6l 2

    Oppervlakte van 'n reghoekige prisma = 2lb + 2lh + 2bh

    Die net van 'n voorwerp word dikwels geskets om die berekening van oppervlakte te vereenvoudig.

    Voorbeeld:

    Natalia draai 'n boks met geskenkpapier toe. 

    As die boks 32 cm hoog, 25 cm wyd en 41 cm lank is, hoeveel papier sal sy nodig hê? (Ignoreer die ekstra stukkies vir toevou.)

    Gebruik die formule:

    Oppervlakte = 2lb + 2lh + 2bh

    Antwoord:

    Oppervlakte = 2lb + 2lh + 2bh

    = 2 × 41 cm × 25 cm + 2 × 41 cm × 32 cm + 2 × 25 cm × 32 cm

    = 6 274 cm2