Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 7-Vierkante, reghoeke en sirkels
  • NOTAS
  • Vierkante, reghoeke en sirkels

    Voorbeeld:

    Mnr. Buthelezi het 'n sirkelvormige venster in die middel van 'n vierkantige muur geïnstalleer, soos in die diagram hieronder aangetoon. Hy wil die muur verf.

    Die deursnee van die sirkelvormige venster is 144 cm.

    Die lengte van elke sy van die vierkantige muur is 230 cm.

    Die kortste afstand tussen die rand van die venster en die rand van die muur word as k in die skets aangetoon.

    1.Stel die lengte van die radius van die venster vas. 

    2.Stel die waarde van k in centimeter vas.

    3.Bereken die omtrek van die venster.

    Gebruik die formule:

    Omtrek van 'n sirkel = π × d , waar d = die deursnee van die venster

    4.Bereken die oppervlakte van die muur wat hy moet verf.

    Gebruik die formules:

    Oppervlakte van 'n sirkel = π × (radius)2   waar r = radius van die sirkel

    Oppervlakte van 'n vierkant = s2  waar  s = lengte van die sy van die vierkant

    Antwoorde:

    1.Radius = 72 cm – p

    3.Omtrek = π × 144 cm = 452,39 cm

    4.Oppervlakte van muur = 2302 – π × 722

    = 36 613,98 cm2