Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 5-Sirkels
  • NOTAS
  • Sirkels

    Voorbeeld:

    'n Sirkelvormige glasblad word uit 'n vierkantige stuk glas van 136 cm by
    136 cm, soos in die prent hieronder aangetoon, gesny.

    Die lengte van die radius van die sirkel is 68 cm.

    'n Buigsame aluminiumstrook word aan die sirkelvormige rand van die blad geheg om 'n randafwerking te vorm.

    NOTA: Maateenhede moet in hierdie vraag aangedui word.

    1.Wat is die lengte van die deursnee van die tafel?

    2.Bereken die omtrek van die vierkantige stuk glas.

    Gebruik die formule: Omtrek van vierkant = 4 × lengte van sy

    P = 4 × lengte = 4 × 136 = 544 cm

    3.Bereken die oppervlakte (in cm2) van die glasblad. 

    Gebruik die formule: Oppervlakte van sirkel = π × (radius)2

    4.Bereken die omtrek (in cm) van die glasblad.

    Gebruik die formule: Omtrek van sirkel = 2 × π × radius

    5.Die aluminiumstrook kos 54c per cm. Bereken die koste in rand vir 425 cm se randafwerking.

    6.As die volume van die glasblad 7 259,68 cm3 is en die digtheid van glas is 2,5 g/cm3, bereken die massa in gram van die glasblad. 

    Gebruik die formule: Massa = volume × digtheid

    Antwoorde:

    1.D = 136 cm

    2.P = 4 × lengte = 4 × 136 = 544 cm

    3.Oppervlakte = π 682 = 14 526,724... ≈ 14 526,72 cm2

    4.Omtrek = 2 × π × 68 = 427,256... ≈ 427,26 cm

    5.Koste = 425 × R0,54 = R229,50

    6.Massa = 7 259,68 × 2,5 = 18 149,2 g = 18,1492 g ≈ 18,15 kg