Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 4-Meting met betrekking tot reghoeke en halfsirkels
  • NOTAS
  • Metings wat reghoeke en halfsirkels behels

    Voorbeeld:

    Twee weke voor die finale hokkiewedstryd word 'n konsert op die hokkieveld gehou. Die stadionbestuurder het die veld na afloop van die konsert geïnspekteer en gesien dat sommige van die lyne op die veld onduidelik was en dat 'n gedeelte van die gras op die veld beskadig is.

    Die afmetings van die hokkieveld is: lengte = 98 m en breedte = 72 m

    Doelhok; middelpunt; doelgebied

    Die volgende formules kan gebruik word:

    Omtrek van 'n reghoek = 2 (l + b), waar l = lengte en b = breedte

    Oppervlakte van 'n sirkel = π × (radius)2

    1.Al die buitenste grenslyne (vetgedrukte lyne) moet weer uitgemerk word en een van die doelgebiede (semisirkel) moet nuwe gras op kry.

    a.Stel die totale lengte van die grenslyne van die hokkieveld wat oorgemerk moet word, vas.

    b.Bereken die oppervlakte van die EEN doelgebied wat nuwe gras op moet kry, as die radius 16 m is.

    2.Aangesien dit 25 minute neem om 8,5 m grenslyn af te merk, bereken hoe lank, in uur, dit sal neem om 100 m grenslyn af te merk.

    Antwoorde:

    1.

    a.Omtrek = 2 (98 m + 72 m) = 340 m

    b.Oppervlakte van halfsirkel = ½ πr2 = π (16)2 = 402,12 m2

    2.8,5 m:25 min

    1 m:25 ÷ 8,5 min

    100 m:100 × 25 ÷ 8,5 min

    100 m:294,11... min

    100 m:294,11... ÷ 60 h

    100 m:4,90 h

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    1.Herlei 200°C na °F, afgerond tot die naaste 10°F.

    Gebruik die formule: °F =  × (temp. in °C) + 32°

    2.Herlei 140°C na °F, afgerond tot die naaste 5°C.

    Gebruik die formule: °C =  × (°F - 32°)

    Les 2

    Die Cape Argus-fietstoer is 'n fietswedren van 110 kilometer lank en vind in Kaapstad plaas. Reinhardt Janse van Rensburg het die toer in 2012 in
    'n tyd van 2:36:17 gewen.

    In die voorafgaande ses jaar het die wenners die toer in die volgende tye afgelê:

    2:39:55            2:37:50            2:34:28            2:29:59            2:31:57            2:39:35

    1.Rangskik die tye vir die afgelope sewe jaar in stygende volgorde.

    2.Herlei Reinhardt Janse van Rensburg se wentyd na sekondes.

    Les 3

    Daniella vlieg 'n vlieër, soos in die diagram hieronder aangetoon. Hoe hoog is die vlieër van die grond af, as Daniella die tou 1,3 m van die grond af vashou?

    Les 4

    Mnr. Plaatjies wil 'n L-vormige patio (stoep) voor sy huis aanbou. Die patio sal omhein en geteël wees. Die afmetings van die patio word in die diagram hieronder aangedui.

    1.Bereken die totale lengte van die heining wat vir die patio nodig sal wees.

    2.Stel die oppervlakte van die patio vas.

    ANTWOORDE

    Les 1

    = 392°F

    ≈ 390°F

    °F – 32° = 252°

    °F = 252° + 32°

    °F = 284°F       

    Les 2

    1.2:29:59    2:31:57    2:34:28    2:36:17    2:37:50    2:39:35    2:39:55

    2.2 uur + 36 minute en 17 sekondes

    = 2 3 600 sekondes + 36 60 sekondes + 17 sekondes

    = 9 377 sekondes

    Les 3

    Met Pitagoras:

    (ss)2 = (sy 1)2 + (sy 2)2

    (54)2 = (28)2 + x2

    2 916 = 784 + x2

    x = 2132

    x = 46,17... m

    x ≈ 46,2  m

    ∴Die hoogte van die vlieër bo die grond = 46,2 m + 1,3 m = 47,5 m

    Les 4

    1.P = 2 m + 8 m + 1 m + 3 m+ 3 m = 17 m

    2.A = (3 m × 3 m) + (8 m × 2 m) = 9 m2 + 16 m2 = 25 m²