Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 3-Stelling van Pythagoras
  • NOTAS
  • Stelling van Pitagoras

    Jy moet kan herken waar jy dit moet gebruik – daar sal nie noodwendig vir jou gesê word om dit te gebruik nie – dit hang af van die vlak wat deur die vraag gedek word.

    Probeer om Pitagoras te gebruik wanneer die vraag ookal 'n reghoekige driehoek in het.

    Die Stelling van Pitagoras bepaal dat:

    In enige reghoekige driehoek die kwadraat van die skuinssy gelyk is aan die som van die kwadrate van die ander twee sye.

    In maklike terme: (ss)2 = (sy 1)2 + (sy 2)2

    Dit is belangrik om te weet watter sy in 'n reghoekige driehoek die skuinssy is.

    Daar is twee maklike maniere om dit te identifiseer:

    1.Dit is die langste sy.


    2.Die simbool wat die regte hoek in die driehoek aandui, is die kop van die  pyl wat na die skuinssywys.

    D.w.s.

    Begin altyd deur Pitagoras in sy basiese vorm neer te skryf en dan die vergelyking te herrangskik as dit een van die korter sye is wat gekry moet word.

    Voorbeeld:

    Charlie besoek sy vriend, Themba. Hy moet 2 blokke Oos en dan 1 blok Suid stap.

    As 1 blok 90 m is, hoe ver, soos die kraai vlieg, woon Themba van Charlie af?

    Gee jou antwoord korrek tot die naaste heel meter.

    Antwoord:

    Eerstens moet ons 'n diagram skets om bogenoemde inligting voor te stel.

    2 blokke; 1 blok

    Blok suid = 90 m

    Blokke oos

    = 90 m × 2

    = 180 m

    Met Pitagoras:

    (ss)2 = (sy 1) 2 + (sy 2)2

    (ss)2 = (blok oos) 2 + (blok suid)2

    (ss)2 = (180) 2 + (90)2

    (ss)2 = 32 400 + 8 100

    (ss)2 = 40 500

    ss = 

    ss = 201,246... m

    ss≈ 201 m

    ∴ Die afstand, soos die kraai vlieg, van Charlie se huis na Themba s’n is 201 m.