Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 15-Geїntegreerde vrae 1
  • NOTAS
  • Geïntegreerde vrae

    Voorbeeld:

    Jabu Ndou het 'n silindriese watertenk nodig om reënwater van sy dak af te op te gaar. Die water sal vir die besproeiing van sy tuin gebruik word.


    Jabu wil weet hoeveel reënwater die tenk kan hou. Die binneste radius van die tenk is 0,998 m en die binneste hoogte van die tenk is 2,498 m.

    1.Bereken die totale volume, afgerond na DRIE desimale plekke, van die watertenk.

    Gebruik die formule: Volume van 'n silinder = π × (radius)2× hoogte

    2.Stel die hoogte, afgerond na DRIE desimale plekke, van die water in die tenk vas wanneer dit 80% vol is.

    Die buitenste mure en dak van die reënwatertenk moet geverf word. Die buitenste radius van die tenk is 1 m en die buitenste hoogte van die tenk is 2,5 m.

    3.Bereken die oppervlakte van die tenk wat geverf moet word, deur die formule te gebruik:

    Oppervlakte van die tenk = π× radius × (2× hoogte + radius)

    4.Veronderstel die tenk word teen 'n gemiddelde tempo van 5 mm per minuut opgevul.

    Bereken hoe lank dit geneem het (in uur) vir die water in die tenk om 'n hoogte van 1 200 mm te bereik, as die tenk aanvanklik leeg was.

    Gebruik die formule: Tyd (in uur) = 

    Antwoorde:

    1.Volume = π × (0,998 m)2 × 2,498 = 7,81633…m3 ≈ 7,812 m3

    2.Hoogte = 80% × 2,498 = 1,9984 ≈ 1,998 m

    3.O = π × 1 × (2 × 2,5 + 1)

    = 18,849...

    ≈ 18,85 m2

    4.5 mm in 1 minuut so die gemiddelde tempo = 5 mm/min

    Tyd (in uur) = 

    = 240 min

    = 4 uur