• Les 2-Die Britse stelsel en omskakeling tussen die Britse en metrieke stelsel
  • NOTAS
  • Die Britse stelsel en herleiding tussen Britse en metrieke eenhede

    Herleiding binne die Britse stelsel

    Wanneer Britse herleidings gedoen moet word, sal die herleidings aan jou verskaf word waar dit in 'n vraag nodig is.

    Die volgende tabel toon sommige van die herleidings binne die Britse stelsel

    aan.

    Lengte

    Massa

    Volume

    12 dm = 1 vt

    16 oz = 1 pd

    16 vloz = 1 pt

    3 vt = 1 jt

    14 pd = 1 stone

    2 pt = 1 kwart

    1 769 jt = 1 myl

    2 240 pd = 1 ton

    4 kwart = 1 gell

    Voorbeelde:

    1.Herlei 2,3 myl na:

    a.jaart

    2,3 myl × 1 769 = 4 068,7 jt

    b.voet

    2,3 myl = 4 068,7 jt × 3 = 12 206,1 ft

    c.duime

    2,3 myl = 12 206,1 ft × 12 = 146 473,2 in

    2.Herlei 22 pt na:

    a.kwarte

    22 pt ÷ 2 = 11 kwarte

    b.gelling

    22 pt = 11 kwarte ÷ 4 = 2,75 gell

    OF

    22 pt ÷ 8 = 2,75 gell

    c.vloeibare onse

    22 pt × 16 = 352 vloz.

    3.Herlei 3400 oz na:

    a.pond

    3 400 oz ÷ 16 = 212,5 lb

    b.stone

    3 400 oz = 212,5 lb ÷ 14 = 15,178…stone ≈ 15,2 stone

    4.Herlei 5 700 lb na ton.

    5 700 lb ÷ 2 240 = 2,5446… ton ≈ 2,54 ton

    5.Herlei 5,2 ton na pond.

    5,2 ton × 2 240 = 11 648 lb

    Herleiding tussen metrieke en Britse stelsels

    Hierdie herleidings sal vir jou gegee word waar dit in 'n vraag nodig is.

    Deur dit as verhoudings neer te skryf en dan 'n vergelyking op te stel om dit op te los, is een manier waarop die herleidings makliker gemaak kan word.

    Voorbeeld:

    'n Fles hou 1,7 l koffie.

    1.Hoeveel pinte koffie hou die fles?

    Gebruik:  1 l = 1,76 pt

    2.Hoeveel pinte koffie hou die fles?

    Gebruik:  1pt = 570 ml

    Antwoorde:

    1.l : pt  =  l : pt

    1 : 1,76  =  1,7 : y

    =

    1 × y = 1,76 × 1,7

    y = 2,992 pt

    2.l : pt  =  l : pt

    0,57 : 1  =  1,7 : w

    =

    0,57 × w = 1 × 1,7

    w =

    w = 2,98 pt

    Nota: Die antwoorde in 1 en 2 verskil effens aangesien die herleiding afgerond en nie presies is nie.

    Die afrond van die finale antwoord tot een desimale plek of die naaste heel pint, sal dieselfde antwoord gee. 

    Temperatuurherleidings

    Die formules om van °Celsius na °Fahrenheit te herlei, is soos volg:

    →°F = (1,8 × °C) + 32°

    →°C = (°F − 32°) ÷ 1,8

    Nota: Dit sal aan jou gegee word om te gebruik.

    'n Koek moet teen 'n temperatuur van 3500F bak. 

    Gebruik die herleiding °C = (°F − 32°) ÷ 1,8 om te bereken teen watter temperatuur Celsius die koek moet bak, korrek tot die naaste tien grade.

    °C = (350°F − 32°) ÷ 1,8

    = 176.66... °C

    ≈ 180°C

    Vaste stowwe na vloeistowwe    

    Volume kan in verskillende eenhede gemeet word: of in eenheid3, of in liter.

    Die herleidings is soos volg en een daarvan sal gegee word as dit gebruik moet word:

    1 ml = 1 cm3

    l  = 1 000 cm3

    1 kl = 1 m3

    'n Boks het die volgende afmetings: 120 cm × 300 cm × 430 cm. Hoeveel   liter vloeistof kan die boks hou?

    Volume = lengte × breedte × hoogte

    = 120 cm × 300 cm × 430 cm

    = 15 480 000 cm3

    = 15 480 000 ml

    = 1 548 l