Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 3-Tyd
  • NOTAS
  • Tyd

    Kom ons kyk na die verskillende tydeenhede:

    die kleinste tydeenheid waarmee ons hier sal werk, is 'n sekonde

    een minuut het 60 sekondes

    een uur het 60 minute

    een dag het 24 uur

    een week het 7 dae

    een maand het oor die algemeen 4 weke

    een jaar het 12 maande OF 52 weke OF 365 dae (ons neem gewoonlik nie 'n skrikkeljaar in ag nie).

    'n Dekade het 10 jaar.

    'n Eeu het 100 jaar.

    Voorbeelde:

    1.Watter eenheid van tyd sal waarskynlik by die volgende gebeurtenisse gebruik word:

    a.'n Sokkerwedstryd

    b.Die bou van 'n huis

    c.Die hardloop van die 100 m naelloop

    d.Die lewensduur van 'n olifant

    2.Herlei die volgende tye na die eenhede in hakies:

    a.9 uur (minute)

    b.35 minute (sekondes)

    c.11 weke (dae)

    d.4,5 jaar (weke)

    e.41 dae (uur)

    f.780 sekondes (minute)

    3.Wat is die tydsverskil tussen elkeen van die volgende pare?

    a.7:10 nm en 9:20 nm

    b.9:16 vm en 12:06 vm

    c.4:19 vm en 9:52 vm

    d.11:25 nm en 4:08 vm

    4.Herlei die volgende na uur, minute en sekondes:                   

    a.7,81 uur

    b.3 dae en 2¼ uur

    c.1 week 2 dae 3,74 uur

    5.Watter ses maande van die jaar is die kortste, die eerste of die tweede? 

    Antwoorde:

    1.

    a.minute

    b.maande

    c.sekondes

    d.jaar

    2.

    a.540 min

    b.2 100 min

    c.77 dae

    d          4,5 × 52 = 234 weke

    e.984 uur

    f.13 min

    3.

    a.2 h 10 min

    b.12 nm tot 12:06 vm = 12 h 6 m

    9:16 tot 12 nm = 2 h 44 m

    Totale tyd tussenin = 14 h 50 m

    c.5 h 33 m

    d.35 m + 4 h 8 m = 4 h 43 m

    4.

    a.7 h + (0,81 × 60) = 7 h 48,6 m = 7h 48m (0,6 × 60) = 7h 48m 36s

    b.3 × 24 h + 2 h + ¼ × 60 m= 74 h 15 m

    c.1 × 7 × 24 h + 3 h + 0,74 × 60 m

    = 171 h + 44,4 m 

    = 17 1h +44 m + (0,4 × 60)s

    =171 h 44 m 24 s

    5.Januarie tot Junie = 31 + 28 (of 29) +31 + 30 + 31 + 30 = 181 (of 182 dae)

    Julie tot Desember = 31 +31 +30 + 31 + 30 + 31 = 185 dae

    ∴Tweede 6 maande is langer

    Tempo kan ook uit verskillende tydeenhede verander word.

    Voorbeeld:

    1.'n Fietsryer ry teen 34 km/h. Wat is hierdie spoed in m/s?

    2.Bereken die spoed van 'n koeël wat teen 65 m/s trek, in km/h.

    Antwoorde:

    1.34 km = 34 km × 1 000 = 34 000 m

    1 uur = 1 × 60 × 60 sekondes = 3 600 sekondes

    ∴34 km/h = 34 000 m / 3 600 s = 9,444... m/s ≈ 9,4 m/s