Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 4-Berekening van Afstand, Spoed en Tyd
  • NOTAS
  • Die berekening van spoed, afstand en tyd

    Ten einde berekeninge van spoed, afstand en tyd te doen, moet die volgende formule gebruik word:

    Spoed = 

      
      

    Hierdie formule sal aan jou verskaf word, as jy dit benodig.

    Die formule kan ook soos volg herrangskik word, afhangende van wat jy wil bereken:

    Tyd =  of afstand = spoed × tyd

    Voorbeelde:

    1.'n Trein beweeg teen 'n spoed van 150 km/h en lê 'n afstand van 1 340 km af. Hoe lank het dit die trein geneem om die rit af te lê? Gee die antwoord in ure en minute.

    2.Joseph bestuur teen 'n spoed van 71 km/h. Hoe ver sal hy reis in: 

    a.3,2 uur?

    b.40 minute?

    3.Mary bestuur teen 'n spoed van 110 km/h. Hoe lank sal dit haar neem om 312 km af te lê?

    4.Daniel is 'n atleet. Hy hardloop die 200 m naelloop in 23,6 sekondes. Bereken sy spoed in meter per sekonde, korrek tot een desimale plek.

    Antwoorde:

    1.Tyd = 

    = 200/23,6

    = 8,474…m/s

    ≈ 8,5 m/s

    2.

    a.afstand          = spoed × tyd

    = 71 × 3,2

    = 227,2 km

    b.afstand          = spoed × tyd

    = 71 × (40 ÷60)

    = 47,333... km

    ≈ 47,33 km

    3.Tyd = 

    = 2,836…h

     2,84 h

    4.Spoed  = 

    = 8,474…m/s

     8,5 m/s

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    1.Caitlin is 134 cm lank. Herlei hierdie lengte na km.

    2.Xolani gooi 47,8 l petrol in sy motor. Hoeveel ml is dit?

    3.Selinah koop 'n heel lam teen 'n spesiale aanbod. Die lam weeg 28,3 kg. Herlei hierdie hoeveelheid na gram.

    4.Busi maak hamburgers vir markdag by die skool. Die vleiskoekies moet ongeveer 80 g weeg voor dit gebraai word. Sy beplan om 120 hamburgers te maak.                                                                         

    a.Hoeveel kilogram maalvleis moet sy koop?                             

    b.Sy het een eier vir elke ¼ kg maalvleis nodig. Hoeveel eiers het sy nodig?                                                                                           

    c.Vir elke 10 vleiskoekies wat gebraai word, het sy 50 ml kookolie nodig. Hoeveel liter het sy nodig?

    Les 2

    1.Rahiwa stap 1,2 myl skool toe. Hoeveel voet stap sy?

    Gebruik:  3 vt = 1 jaart; 1 myl = 1 760 jt

    2.Daar was 'n tyd toe melk by jou deur afgelewer is! Ons het 64 vloeibare onse elke dag gekoop. Hoeveel kwarte is afgelewer?

    Gebruik:  1 pt = 16 vloz. ; 1 kwart = 2 pt

    3.Mark bestel 3,5 ton kompos vir sy tuin. Hoeveel stone het hy bestel?

    Gebruik:  1 ton = 2 240 lb; 1 stone = 14 lb

    Les 3

    1.Watter eenheid van tyd sal mees waarskynlik vir die volgende geleenthede gebruik word:

    a.'n krieketwedstryd

    b.die bou van 'n skool

    c.die 200 m naelloop hardloop

    2.Herlei die volgende tye na die eenhede in hakies:

    a.12,4 uur (minute)

    b.21 minute (sekondes)

    c.15 weke (dae)

    d.2,3 jaar (weke)

    e.98,4 uur (dae)

    3.Wat is die tydsverskil tussen elkeen van die volgende pare?

    a.5:30 vm en 11:20 nm

    b.10:16 nm en 2:06 vm

    c.4:55 nm en 10:52 nm

    d.22:00 en 13:05

    4.Herlei die volgende na uur, minute en sekondes:

    a.2,45 uur

    b.5,3 dae en 3,2 uur

    c.0,7 week,  2,5 dae en 1,7 uur

    5.'n Trein se spoed 72 km/h is. Wat is hierdie spoed in m/s?

    6.Bereken die spoed van 'n vliegtuig wat teen 284 m/s vlieg, in km/h.

    Les 4

    1.Joseph bestuur teen 71 km/h. Hoe ver sal hy kom in:

    a.2.5 uur

    b.15 minute?

    2.Jane bestuur teen 110 km/h. Hoe lank sal dit haar neem om die volgende afstande af te lê:          

    a.468 km? Gee die antwoord in uur, minute en sekondes.

    b.273 km? Gee die antwoord in uur, minute en sekondes.

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.0,00134 km

    2.47 800 ml

    3.28 300 g

    4.

    a.80 g × 120 = 9600 g = 9,6 kg

    b.9,6 ÷ ¼ = 38,4 ≈ 39 eiers

    c.120 ÷ 10 = 12 baksels vleiskoekies

    12 × 50 ml = 600 ml = 0,6 l

    Les 2

    1.6 336 vt

    2.2 kwarte

    3.560 stone

    Les 3

    1.

    a.minute

    b.maande

    c.sekondes

    2.

    a.744 min

    b.1 260 sek

    c.105 dae

    d.119,6 weke

    e.4,1 dae

    3.

    a.6 h 30 m + 11 h 20 m = 17 h 50 m

    b.1 h 44 m + 2 h 6 m = 3 h 50 m

    c.5 h 57 m

    d.(21 -13) h + (60 - 5) m = 8 h 55 m

    4.

    a.2 h 27 m

    b.5,3 × 24 h + 3 h + 0,2 × 60 m

    =127,2 h +3 h +12 m

    = 127 h + 0,2 × 60 m + 3 h + 12 m

    =  130 h + 24 m

    c.0,7 × 7 × 24 h + 2,5 × 24 h + 1,7 × 60 m

    = 177,6 h + 102 m

    = 177 h + 36 m + 102 m

    = 177 h +138 m

    = 177 h +2 h + 18 m

    = 179 h 18 m

    5.81 km = 81 km × 1 000 = 81 000 m

    1 uur = 1 × 60 × 60 sekondes = 3 600 sekondes

    ∴81 km/h = 81 000 m / 3 600 s = 22,5 m/s

    Les 4

    1.

    a.afstand = spoed × tyd

    = 71 × 2,5

    = 177,5 km

    b.afstand = spoed × tyd

    = 71 × (15 ÷ 60)

    = 17,75 km

    2.

    a.Tyd = 

    = 4,254…h

    = 4 h 15 min 16 sek

    b.Tyd = 

    = 2,481…h

    = 2 h 28 min 54 sek