Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 8-Grootskaal en Kleinskaal
  • NOTAS
  • Groot skaal of klein skaal

    Die verskil tussen die twee is die hoeveelheid besonderhede wat deur die kaart aangetoon word.

    'n Grootskaalkaart wys 'n baie besonderhede.

    So 'n kaart sal 'n kaart wees van 'n staproete, of 'n toeristekaart, of van 'n klein gebied met baie besonderhede.

    'n Kleinskaalkaart toon min besonderhede.

    So 'n kaart sal jy opspoor in 'n atlas wat die hele wêreld, of 'n hele vasteland, aantoon.

    'n Grootskaalkaart het 'n groter verteenwoordigende breuk (bv.  of 1:250) as 'n kleinskaalkaartmet 'n verteenwoordigende breuk van , of 1:250 000.

    Oor die algemeen sal grootskaalkaarte 'n verteenwoordigende breuk van 1:50 000 of groter hê.

    Intermediêre skale strek gewoonlik van 1:50 000 tot 1:250 000.

    Kleinskaalkaarte strek van 1:250 000 tot 1:7 500 000.

    Kaarte van die wêreld wat op twee A4-bladsye inpas, is op baie klein skaal; omtrent 1 tot 100 miljoen.

    Nota:

    Jy het nie nodig om die presiese verteenwoordigende breuke te memoriseer nie; jy hoef net na 'n kaart te kan kyk en te besluit wat dit is, gegewe dat:

    'n grootskaalkaart baie besonderhede; en

    'n kleinskaalkaart min besonderhede aantoon.

    Voorbeeld:

    1.Gebruik die lynskaal (10 cm lank) om die skaal van die kaart vas te stel en           om vas te stel of dit 'n groot- of kleinskaalkaart is.

    2.Gebruik die lynskaal om die skaal van die kaart vas te stel en om vas te stel        of dit 'n groot- of kleinskaalkaart is.

    Antwoorde:

    1.Kaart:Werklik

    10 cm:1 000 km

    10 cm:1 000 × 100 000 cm

    10 cm:100 000 000 cm

    10 cm ÷ 10 cm:100 000 000 cm ÷ 10cm

    1:10 000 000

    ∴ Dit is 'n kleinskaalkaart

    2.Kaart:Werklik

    12 cm:60 m

    12 cm:60 × 100 cm

    12 cm:6 000  cm

    12 cm ÷ 12 cm:6 000 cm ÷ 12cm

    1:500

    ∴ Dit is 'n grootskaalkaart

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Die afstand van Tambo-gedenkhospitaal na Susan se huis, soos die kraai vlieg, is 1,8 km. Die afstand op die kaart is 125 mm. Stel die skaal van die kaart vas.

    (Jy sal gewoonlik die afstand so noukeurig as moontlik van Tambo-gedenkhospitaal na Susan se huis toe moet meet.  Maak seker dat jy 'n liniaal het waarop jy die meting kan lees.)

    Les 2

    As 'n lynskaal 5 cm lank is en 20 km verteenwoordig, wat is die skaal van die kaart?

    Les 3

    Stel die skaal van 'n kaart vas, gegewe die volgende lynskaal wat 12 cm lank is:

    skaal

    Les 4

    1.Hoe sal 'n kaart met die volgende skaal geklassifiseer word – groot of klein skaal?

    a.1:40

    b.1:3 000 000

    2.Watter van die volgende 2 skale is die kleinste?

    1:30 000          of        1:3 000

    ANTWOORDE

    Les 1

    Kaart:Werklik

    125 mm:1,8 km

    125 mm:1,8 × 1 000 000 mm

    125 mm:1 800 000 mm

    125 mm ÷ 125 mm:1 800 000 mm ÷ 125 mm

    1:14 400

    Les 2

    Kaart:Werklik

    5 cm:20 km

    5 cm:20 × 100 000 cm

    5 cm:2 000 000 cm

    1:400 000

    Les 3

    Kaart:Werklik

    12 cm:50 m

    12 cm:50 × 100 cm

    12 cm:5 000 cm

    12 cm ÷ 12 cm:5 000 cm ÷ 12 cm

    1:416,6...

    1:400

    Les 4

    1.

    a.groot skaal

    b.klein skaal

    2.kleinste skaal is 1:30 000