Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 7-Metrieke en Britse staafskale
  • NOTAS
  • Metrieke en Britse lynskale

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n lynskaal wat metrieke en Britse eenhede aantoon. 

    Die herleiding van metriek na Brits is: 1 myl = 1,6 km.

    1.Ondersteun hierdie lynskaal daardie herleiding?

    2.Bereken die skaal van die kaart met behulp van die 12 km lynskaal wat 75 mm lank is.

    3.Hoeveel kilometer word op die grond deur 5,8 cm op die lynskaal verteenwoordig?  Die lynskaal in myl is 12 cm lank.

    4.Hoeveel cm op die lynskaal word deur 42 myl op die grond verteenwoordig?

    Aangesien die skaal wat ons bereken het, vir kilometer was, kan ons dit nie gebruik nie. Ons moet die skaal vir myl bereken.

    Antwoorde:

    1.Soek vir 'n gepaste hoeveelheid op elkeen van die stawe om die herleiding te kan doen!

    Uit die lynskaal:

    5 myl:8 km

    1 myl:8 km ÷ 5

    1 myl:1,6 km

    ∴Die lynskaal ondersteun die herleiding.

    2.Kaart:Werklik

    75 mm:12 km

    75 mm:12 × 1 000 000 mm

    75 mm:12 000 000 mm

    75 mm ÷ 75 mm:12 000 000 mm ÷ 75 mm

    1:160 000

    3.Kaart:Werklik

    1:160 000

    1 cm:160 000 cm

    5,8 cm:5,8 × 160 000 cm

    Afstand op grond = 928 000 cm  = 928 000 ÷ 1 000 000 km  = 9, 28 km

    Onthou om jouself te vra of die antwoord redelik is, of nie.

    4.Kaart:Werklik

    12 cm:12 myl

    1 cm:1 myl

    42 cm:42 myl

    Nota: Ons het nie nodig gehad om na dieselfde eenheid te herlei nie, aangesien dit 'n maklike herleiding was.

    Ons het egter nie 'n skaal gebruik nie. Ons het net 'n verhouding gebruik.