Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 4-Afstand op kaarte
  • NOTAS
  • Afstand op kaarte

    Wanneer ons die meting op die kaart moet kry, moet ons die werklike afstand op die grond deur die skaal DEEL. Onthou: Die eenhede moet DIESELFDE wees!

    Voorbeeld:

    1.Die meting op die grond is 120 km. Die skaal van die kaart is 1:125 000. Wat is die meting op die kaart in cm?

    2.Die skaal van 'n kaart word gegee as 1:15 000. Wat is die meting op 'n kaart as die werklike meting 450 m is?

    3.Die kaart van Sevenoaks, Kent, het 'n skaal van 1:6 000. Stel die afstand, in mm, from Sevenoaks-stasie na Bat & Ball-stasie op die kaart vas, as die afstand soos die kraai vlieg (d.w.s. in 'n reguit lyn van die een stasie na die ander) 630 m is.

    Antwoorde:

    1.Kaart:Werklik

    1:1 250 000

    1 cm:1 250 000 cm

    120 km = 120 × 100 000 = 12 000 000 cm

    Afstand op die kaart = 12 000 000 ÷ 1 250 000 = 9,6 cm

    2.Kaart:Werklik

    1:15 000

    1 cm:15 000 cm

    450 m = 450 × 100 = 45 000 cm

    Afstand op die kaart = 45 000 ÷ 15 000 = 3 cm

    3.Kaart:Werklik

    1:6 000

    1 mm:6 000 mm

    630 m = 630 × 1 000 mm = 630 000 mm

    Kaartafstand = 630 000 mm ÷ 6 000 = 105 mm

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Die kaart toon die roete wat die toerskip MSC Preziosa aflê.

    1.Op watter see vind die bootvaart plaas?

    2.By hoeveel hawens stop die skip?

    3.Wat is die rigting van Tunisië uit Frankryk uit?

    4.Wanneer die skip uit Tunis vertrek en na Barcelona seil, in watter rigting sal dit beweeg?

    Les 2

    Die kaart van 'n gedeelte van Boksburg moet vir hierdie vraag gebruik word.


    1.In watter ruit is die Hyperama?

    2.Beskryf die roete wat Mary van haar eie huis af moet neem na Susan se huis toe.

    3.In watter rigting lê die Tambo-gedenkhospitaal van Susan se huis af?

    4.Die volgende aanwysings word van St Michael’s & All Angels af gegee:

    Beweeg NNO na Railwaystraat.

    Draai regs in Railwaystraat.

    By die verkeerslig, draai in 'n Suidelike rigting.

    By die vierde verkeerslig, draai links en ry een blok aan.

    Draai regs en ry een blok aan.

    Waar is jy?

    Les 3

    Die skaal van die kaart van 'n gedeelte van Kaapstad is 1:38 000. Die afstand tussen Leeukop en Duiwelspiek is ongeveer 15,5 cm. Wat is die werklike afstand tussen hierdie twee punte?

    Les 4


    Die skale van die aardbolle in 'n Aardrykskundeklas verskil in grootte en het dus verskillende skale.  Die afstand van die Kaap na Kaïro is ongeveer 7 189 km. As die skaal van die aardbol 1:41 800 000 is, wat sal die afstand op die aardbol wees?

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.Mediterreense See

    2.5

    3,         Suid of SO

    4.Noord-wes

    Les 2

    1.B3

    2.Van Mary se huis af draai regs in Oosstraat en hou vir 3 blokke in 'n suidelike rigting aan, oor die eerste verkeerslig (Commissionerstraat) en draai regs by die volgende verkeerslig.

    Hou vir 6 blokke in 'n westelike rigting aan en draai dan links in Trichardtweg.

    Hou regoor die volgende verkeerslig aan.

    Draai regs in McGagheystraat by die volgende kruising.

    By die kruising daarna, draai links in Maraisstraat.

    Susan se huis is by die volgende kruising op die hoek van Myer- en Naesserstraat.

    3.NW

    4.By die ingang van die Hoërskool Boksburg.

    Les 3

    Kaart:Werklik

    1:38 000

    1 cm:38 000 cm

    15,5 cm:15,5 × 38 000 cm

    15,5 cm:589 000 cm

    Werklike afstand = 589 000 ÷ 100 000 km = 5,89 km

    Les 4

    Kaart:Werklik

    1:41 800 000

    1 cm:41 800 000 cm

    Afstand op grond = 7 189 km

    = 718 900 000 cm

    Afstand op kaart = 718 900 000 cm ÷ 41 800 000 cm = 17,19 ≈ 17 cm