Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 2-Gee van aanwysings
  • NOTAS
  • Die gee van aanwysings

    Let op die volgende wanneer met kaarte gewerk word:

    Oor die algemeen is Noord bo op 'n kaart en Suid onder. Wes is na links en Oos na regs.

    Daar sal 'n pyl op die kaart verskyn om aan te dui waar Noord is.

    Die meeste kaarte het 'n skaal wat die afstand op die kaart met die werklike afstand op die grond in verband bring.

    Met behulp van die skaal van die kaart kan jy die werklike afstand tussen twee punte in die werklikheid vasstel.

    Kaarte gebruik simbole om werklike goed, soos geboue, staproetes, paaie, brûe en riviere voor te stel.

    Kaarte gebruik kleur wat ons van aardrykskundige inligting voorsien, byvoorbeeld blou vir water, of groen vir woude.

    'n Kaart het 'n sleutel wat die simbole lys wat gebruik word en wat hulle betekenis aangee.

    Die gee en die volg van aanwysings:

    Daar is 'n paar basiese beginsels wat geld vir die volg van 'n kaart, of die gee van aanwysings:

    Wees noukeurig met die gee van aanwysings!

    Gee eerder meer besonderhede as minder.

    Daar is gewoonlik meer as een roete om uit te kies. Dit is oor die algemeen makliker om die mees direkte roete te beskryf.

    Merk jou gekose roete op die kaart om seker te maak dat jy nie enige besonderhede mis nie.

    Gebruik die rigtings, d.w.s. Noord, Suid, Oos en Wes.

    Gebruik ‘draai links’ of ‘draai regs’.

    Draai die kaart na die rigting waarin jy reis, sodat jy korrekte aanwysings kan geen.

    Gee die naam van die straat waarin afgedraai moet word.

    Noem hoeveel blokke dit tot by die volgende afdraai is.

    Beskryf moontlike landmerke, bv. 'n park of kerk, waar jy dalk verby ry.

    Voorbeeld:

    Met behulp van die kaart van Sevenoaks, gee aanwysings aan Steve wat van Greatnesspark (boonste regterhoek) na die parkeerterrein oorkant Sevenoaks-stasie (middel onder) wil gaan.

    Antwoord:

    (Daar is meer as een oplossing.)

    Wanneer jy by Greatnesspark uitkom, draai links in Mill-laan en beweeg in 'n suidelike rigting na Sealweg.

    Draai regs in Sealweg.

    Hou aan in 'n westelike rigting tot jy by 'n pad genaamd St. John’s Hill kom.

    Draai links en hou aan in 'n suidelike rigting. Hierdie pad word Dartfordweg.

    Hou aan tot by die vyfde pad na regs.

    Draai regs in Mount Harry-weg.

    Hou met hierdie pad aan en jy sal by die parkeerterrein oorkant Sevenoaks uitkom.

    Stasie is aan die linkerkant.