• Les 1-Kompas aanwysings
  • NOTAS
  • Kompasrigtings

    Kompasrigtings:

    • 'n Kompas het vier hoof rigtings: Noord, Suid, Oos en Wes.
    • Dit verdeel 'n sirkel in 90° segmente.
    • Tussen-in is daar nog vier punte wat elke kwadrant in twee segmente van 45° verdeel. Hulle word NW, NO, SW en SO genoem.
    • Elkeen hiervan word verder in segmente van 22,5° onderverdeel. Hierdie punte word elkeen met drie letters benoem, byvoorbeeld, NNW wat beteken dat dit nader aan Noord as aan Wes is, maar in 'n Westelike rigting.

    Peiling:

    Peiling word vanaf Noord in 'n kloksgewyse rigting gemeet.  'n Volle omwenteling is 360o.

    Voorbeeld:

    Wat is die peiling (die hoek in 'n kloksgewyse rigting vanaf Noord gemeet) tussen N en WSW?

    Antwoord:

    247,5°

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n gedeelte van 'n dorp in Engeland wat Sevenoaks genoem word.

    1.Wat is die benaderde rigting van die Bat and Ball-stasie vanaf Sevenoaks-stasie.

    2.Wat is die benaderde rigting van Sevenoaks-stasie vanaf Bat and Ball-stasie.

    3.Wat is die benaderde rigting van Montrealpark vanaf die parkeerterrein oorkant Sevenoaks-stasie.

    4.In watter algemene rigting loop Bradbourne Vale-weg?

    Antwoorde:

    1.NO

    2.SW

    3.Wes

    4.Oos – Wes