Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 4-Vrae 3
  • NOTAS
  • Nandi oorweeg dit om haar haarstyl te verander en besoek 'n plaaslike haarsalon om vas te stel wat dit sal kos om haar hare te doen. Sy het 'n keuse tussen haarverlengings of haarontkrulling.

    Die foto’s hieronder vergelyk ontkrulde hare en haarverlengings.

    Oorspronklike hare; ontkrulde hare; oorspronklike hare; haarverlengings

    Die koste van die twee opsies word hieronder aangetoon.

    Koste van haarontkrulling

    Koste van haarverlenging

    R140 per behandeling, bevogtigende jel en een haarwas ingesluit

    R500, een haarwas ingesluit

    Weeklikse haarwas teen R40, bevogtigende jel ingesluit

    Weeklikse haarwas teen R40

    Behandeling moet elke 4 weke of maandeliks herhaal word

    Verlengings hou vir 6 maande of 24 weke

    Bereken die koste van haarontkrulling vir die eerste vier weke.

    Gebruik die formula:

    Koste vir die eerste vier weke (in rand) = 140 + (3 × koste van 'n haarwas)

    Bereken die koste van haarverlengings vir die eerste vier weke

    Gebruik die formula:

    Koste vir die eerste vier weke (in rand) = 500 + (3 × koste van 'n haarwas)

    Nandi wil haar pa oortuig dat die koste van haarverlengings op die lang duur goedkoper sal wees as die koste van haarontkrulling.

    Die opgeloopte koste vir elke opsie oor 'n tydperk van 37 weke word in die tabel hieronder aangetoon.

    Tydperk (weke)

    1

    5

    B

    21

    25

    29

    37

    Opgeloopte koste van haarontkrulling (R)

    140

    A

    920

    1 440

    1 700

    1 960

    2 480

    Opgeloopte koste van haarverlengings (R)

    500

    660

    980

    1 300

    1 920

    2 080

    2 400

    Bereken die ontbrekende waardes A en B.

    Watter haarstyl sal oor die eerste 21 weke die goedkoopste wees?

    Bereken hoeveel meer Nandi oor 'n tydperk van 37 weke vir haarontkrulling eerder as haarverlengings sal betaal.

    Antwoorde:

    1.Koste vir die eerste vier weke (in rand) = 140 + (3 × 40) = 260

    2.Koste vir die eerste vier weke (in rand) = 500 + (3x 40) = 620

    3.A = 140 + 260 = R400

    Vir B:

    920 – 260 = 660          4 weke

    660 – 260 = 400          4 weke

    400                              5 weke

    Totaal = 13 weke

    B = 13

    4.Haarverlengings

    5.2 480 – 2 400 = R80

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    1.Herlei 1 260 sekondes na uur.

    2.Stel die prys per gram (afgerond tot die naaste sent) vas, as 200 g grondboontjies R9,96 kos.

    Les 2

    Mev. Botha het 'n oefenroete vir die landloopatlete voorberei. Malindi, een van die atlete, het die skoolgrond verlaat, 2 km ver gehardloop en toe na die skoolgrond teruggekeer.

    Op pad weg van die skool af het sy gerus, maar op pad terug het sy 'n konstante pas gehandhaaf.

    Die afstand-tydgrafiek hieronder toon haar lopie vir 30 Maart 2012 aan.

    Gebruik die grafiek hierbo om die volgende vrae te beantwoord:

    1.Presies hoeveel minute het die oefensessie geduur?

    2.Stel die totale afstand (in km) wat Malindi gehardloop het, vas.

    3.Hoe ver van die skool af was Malindi nadat sy 12 minute lank gehardloop het?

    4.Hoeveel keer het Malindi tydens die oefenlopie gerus?

    5.Na hoeveel minute was Malindi 'n afstand van 1 km van die skool af?

    Les 3

    Gebruik dieselfde scenario as in die les.

    1. Watter persentasie van advertensies is in hoë definisie vervaardig?
    2. As hulle hul produksie na 720 advertensies verhoog, hoeveel verfilmingsdae sal hulle nodig hê?

    Les 4

    In 1994 het die Suid-Afrikaanse regering die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) bekendgestel om die sosio-ekonomiese agterstand in bekostigbare behuising aan te spreek.

    Die sirkelgrafiek hieronder toon die persentasie HOP-huise wat tussen 2005 en 2010 gebou is, aan.

    PERSENTASIE HOP-HUISE WAT TUSSEN

    2005 EN 2010 GEBOU IS

    Tussen Januarie 2005 en Desember 2010 is 'n totaal van 909 275 HOP-huise gebou. [Bron: www.escr-net.org]

    1.Stel die persentasie HOP-huise wat in die loop van 2010 gebou is, vas.

    2.In watter jaar is die kleinste persentasie HOP-huise gebou?

    3.In watter jaar is dieselfde persentasie HOP-huise gebou as in 2005?

    4.Stel die aantal HOP-huise wat in die loop van 2005 gebou is, vas.

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.1260 sekondes = ure

    2.Prys per gram  = 

    = 4,98c   

    ≈ 5c         

    Les 2

    1.36 minute

    2.Totale afstand = 2 + 2 = 4 km

    3.1,6 km

    4.Twee maal

    5.By 6 en 26 minute

    Les 3

    2.2,75 × 720 = 1 980 verfilmingsdae

    Les 4

    1.Huise in 2010 gebou = 100 – (16 + 15 + 17 + 16 + 18) = 18%

    2.2006

    3.2008

    4.Aantal huise in 2005 gebou = 16% × 909 275 = 145 484