Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 2-Vrae 1
  • NOTAS
  • Maxine Fraser wil 12 dosyn grondboontjiebotterkoekies bak. Sy sal 'n resep in Britse eenhede gebruik. Die koekies word vir 20 minute teen 360°F gebak.

    Bestanddele (vir 3 DOSYN)

    • ½ koppie grondboontjiebotter
    • 4 onse botter
    • 5 onse ligbruinsuiker
    • ½ pond koekmeel
    • ¾ koppie gekapte grondboontjies
    • 2 eiers
    • 1 teelepel koeksoda
    • knippie sout

    Herleidingstabel

    1 pond = 16 onse = 480 g

    1 teelepel = 5 ml

    1 koppie = 250 ml

    1.Herlei ¾ koppie na milliliter.

    2.Herlei 5 onse na gram.

    3.Herlei 360oF na oC, afgerond tot die naaste 10oC.

    Gebruik die formule: Temp in °C = 

    4.Bereken hoeveel gram koekmeel nodig is om 12 dosyn koekies te bak.

    Antwoorde:

    1.¾ koppie = ¾ × 250 ml = 187,5 ml

    2.1 ons = 480 ÷ 16 = 30 g

    5 onse = 5 × 30 = 150 g

    4.Hoeveelheid koekmeel = 4 × ½ × 480 = 960 g