Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 3-Vrae 2
  • NOTAS
  • Navin se maatskappy het in 2011 inligting rakende die koste van die vervaardiging van televisie-advertensies ingesamel. Die maatskappy het die volgende inligting bekend gemaak:

    640 advertensies is in 1 760 verfilmingsdae vervaardig*.

    219 van die advertensies is in hoë definisie vervaardig**.

    Die gemiddelde produksiekoste van 'n advertensie is R1 349 531.

    * 'n Verfilmingsdag verwys na die aantal gereguleerde werksure per dag om 'n advertensie te verfilm.

    ** Hoëdefinisiebeelde is van beter gehalte as gewone beelde.

    [Bron: www.cpasa.tv]

    Voorbeeld:

    -Bereken die gemiddelde aantal verfilmingsdae wat dit neem om EEN advertensie te vervaardig.

    -Bereken die totale produksiekoste van advertensies in hoë definisie as die koste per advertensie dieselfde as die gemiddelde koste is.

    -Stel vas hoeveel advertensies NIE in hoë definisie vervaardig is NIE.

    -In 2011 was die huurkoste van die toerusting wat vir die verfilming van een televisie-advertensie gebruik is, 16% van die produksiekoste van die advertensie. Bereken die huurkoste in 2011.

    -Die gemiddelde produksiekoste van 'n advertensie in 2011 was 40% meer as die gemiddelde produksiekoste van 'n advertensie in 2005. Bereken die gemiddelde produksiekoste van 'n advertensie in 2005.

    Antwoorde:

    1.Gemiddelde = 1 760 ÷ 640 = 2,75 verfilmingsdae

    2.Totale koste = 219 × R1 349 531 = R295 547 289

    3.640 – 219 = 421

    4.Huurkoste = 16% × R1 349 531 = R215 924,96

    5.Gemiddelde koste in 2011= 40% meer as gemiddelde koste in 2005

    R1 349 531 = 140% × gemiddelde koste in 2005

    Gemiddelde koste in 2005 = 1 349 531 ÷ 140% = R963 950,71