Les 5-Berekening persoonlike inkomstebelasting

LES NOTAS

Berekening persoonlike inkomstebelasting

Voorbeeld:

Die volgende is die belasting tabel vir die belastingjaar Maart 2012 tot Februarie 2013,

van toepassing op individue.

Belasbare inkomste

Belastingskale

R0 — R160 000

18% vir elke R1

R160 001 — R250 000

R28 800 + 25% vir die bedrag meer as R160 000

R250 001 — R346 000

R51 300 + 30% vir die bedrag meer as R250 000

R346 001 — R484 000

R80 100 + 35% vir die bedrag meer as R346 000

R484 001 — R617 000

R128 400 + 38% vir die bedrag meer as R484 000

R617 001 en meer

R178 940 + 40% vir die bedrag meer as R617 000

 

Daar is sekere rabatte (d.w.s. 'n afslag) wat van toepassing is,.

Primêre korting -  R11 440

Addisionele korting vir persone 65 jaar of ouer -  R6 390

Addisionele korting vir persone 75 jaar of ouer - R2 130

Belastingdrempels:

Persone jonger as- 65 R65 111

Persone 65 jaar of ouer - R104 611

Persone 75 jaar of ouer - R117 111

Bepaal die belasting wat 'n man, ouderdom 38, sal betaal per jaar as sy belasbare inkomste is R412 000 per jaar vir belasting jaar 2013.

Dit beteken hy moet die volgende betaal:

• R80 100

• Plus 35% van die bedrag bo R346 000

 

Bedrag oor R346 000 = R412000 - 346 000

= R66 000

35% × R66 000

= R23 100

Totale belasting voor kortings = R23 100 + R80 100

= R103 200

Sedert hy onder 65 is, kry hy net die Primêre korting.

Korting = R11 440

Totale belasting betaalbaar = R103 200 - R11 440

= R91 760