Les 7-berekening inkomstebelasting 2

LES NOTAS

Berekening inkomstebelasting

Die volgende is die belasting tabel vir die belastingjaar Maart 2013 tot Februarie 2014.

Van toepassing op individue:

Belasbare Inkomste

Belastingskale

R0 — R165 600

18% vir elke R1

R132 001 — R258 750

R29 808+ 25% vir die bedrag bo R165 600

R258 751 — R358 110

R53 096 + 30% vir die bedrag bo R258 750

R358 111 — R500 940

R82 904 + 35% vir die bedrag bo R358 110

R500 941 — R638 600

R132 894 + 38% vir die bedrag bo R500 940

R638 601 en meer.

R185 205 + 40% vir die bedrag bo R638 600

 

Daar is sekere rabatte (d.w.s. 'n afslag) wat van toepassing is,

Primêre korting R12 080

Addisionele korting vir persone 65 jaar of ouer R6 750

Addisionele korting vir persone 75 jaar of ouer R2 250

 

Voorbeeld:

Zane, 66 jaar oud, is 'n afgetrede uitvoerende hoof van ʼn maatskappy . Hy verdien ook inkomste uit aandele wat hy besit in die maatskappy. Sy totale inkomste is  R1 840 000 per jaar.

1. Gaan Zane WVF betaal?

2. Wat is Zane se netto salaris per maand?

Antwoorde

1. Nee, hy het afgetree.

2. Sy jaarlikse inkomste sit hom in die laaste belastingkategorie.

Dit beteken hy moet die volgende betaal:

• R185 205

• Plus 40% van die bedrag bo R638 600

Bedrag bo R638 600 = R1 840 000 - R638 600 = R1 201 400

40% × R1 201 400 = R480 560

Totale belasting voor kortings = R185 205 + R480 560 = R665 765

Omdat hy ouer  as 65 is , kry hy die primêre en ʼn bykomende korting.

Kortings = R12 080 + R6 750 = R18 830

Totale belasting betaalbaar = R665 765 - R18 830 = R646 935

Geld p.a. = R1 840 000 - R646 935 = R1 193 065

Per maand = R1 193 065 ÷ 12 = R99 422,08