• Huurkoopkontrakte

    'n Huurkoopkontrak (HK) is 'n korttermynlening wat dikwels vir die koop van goedere, soos meubels en elektriese toestelle, gebruik word.

    Die terugbetalingstydperk kan wissel van 18 maande tot 5 of 6 jaar. Hoe langer die leningstydperk, hoe meer rente sal jy betaal.

    Betalings word maandeliks gedoen en kan versekering op die gekoopte goedere insluit. Versekering word gewoonlik uitgeneem om die moontlikheid te dek dat die goedere gesteel of beskadig word voor die lening terugbetaal is.

    As goedere wat op HK gekoop word, nie betaal word nie, kan dit teruggeneem word en dit word dan gewoonlik op 'n veiling (kopers bie op goedere) verkoop om die saldo van die lening te dek.

    'n Deposito word dikwels vereis en dan is die leningsbedrag die saldo van die geld betaalbaar.

    Die rente word:

    aan die begin van die betaaltydperk bereken;

    dan by die leningsbedrag gevoeg; en

    uiteindelik in gelyke maandelikse betalings verdeel.

    As versekering betaal moet word, sal dit by die maandeliks betalings gevoeg word.

    Voorbeeld:

    Joan wil 'n yskas vir R2 999 by XYZ Furnishers koop.

    Sy moet 'n deposito van 10% betaal.

    Die saldo word deur middel van 'n huurkoopkontrak befonds en moet oor 24 maande teen 'n rentekoers van 16,5% p.a. betaal word.

    Sy moet versekering uitneem, wat 0,5% van die kosprys per maand beloop.

    1.Bereken haar maandeliks terugbetalings.

    2.Bereken die totaal wat sy sal betaal.

    Antwoorde:

    (Lees die vraag noukeurig en lig al die belangrike getalle uit.)

    1.Deposito = 10% × R2 999

    Deposito = R299,90

    Saldo = R2 999 – 299,90

    Saldo = R2 699,10

    ∴P = R2 699,10

    n = 2 jaar       

    i = 16,5%   OF i = 0,165

    ER-formule:

    A = P(1 + i × n)

    A = R2 699,10(1 + 0,165´ 2)

    A = R3 589,80

    Maandeliks = R3 589,80 ¸ 24           2 jaar = 24 maande

    Maandeliks = R149,58

    Sy moet versekering uitneem, wat 0,5% van die kosprys per maand beloop.

    0,5% × 2 999 = R14,995 = R15

    ∴Maandeliks = R149,58 + R15

    ∴Maandeliks = R164,58

    2.Totaal = Deposito + 24 × maandeliks

    Totaal = R299,90 + 24 × R164,58

    Totaal = R299,90 + R3 949,92

    Totaal = R4 249,82