• Enkelvoudige rente

    As ons geld belê of leen, kry ons, of betaal ons, 'n persentasie van die geld. Hierdie bedrag word die rente genoem. Rente op geld belê, of op geld geleen, kan as enkelvoudige of saamgestelde rente bereken word. In hierdie les behandel ons enkelvoudige rente.

    Enkelvoudige rente is rente wat slegs op die oorspronklike bedrag belê, of geleen, betaal word.

    Die formule wat gebruik word om ER te bereken, is:

    A = P(1 + i ´n) waar

    A = opgeloopte of finale bedrag

    P = kapitaal- of aanvanklike bedrag

    i = rentekoers per jaar (as 'n desimaal)

    n = aantal tydperke, is.

    Nota:

    Jy kan die koers, i, as 'n persentasie in die formule gebruik.

    Dan moet jy die %-teken insluit en die %-knoppie op jou sakrekenaar gebruik!

    D.w.s. in plaas daarvan om 0,12 in te tik, sal jy 12% intik.

    Voorbeeld:

    1.Themba belê R3 500 in 'n rekening wat 11,2% p.a. enkelvoudige rente betaal. Hoeveel sal na 8 jaar in die rekening wees?

    A = ?

    P = R3 500

    i = 11,2 ÷ 100 = 0,112

    n = 8 jaar

    A = P(1 + i ´n)  

    A = 3 500(1 + 0,112 × 8)

    A = R6 636

    2.Sy los die geld in die bank en voeg nog R5 200 by die rekening. As die rentekoers nou 9,8% p.a. enkelvoudige rente is, hoeveel sal sy hê as sy dit vir nog 10 jaar belê?

    A = ?

    P = R5 200 + R6 636 = R11 836

    i = 0,098

    n = 10

    A = P(1 + i ´n)  

    A = 11836(1 + 0,098 × 10)

    A = R23 435,28

    Voorbeeld:

    Mary wil vir 'n vakansie oor 6 jaar spaar. Sy het R15 000 daarvoor nodig. As die bank haar 6,5% p.a. enkelvoudige rente aanbied, hoeveel geld moet sy belê?

    A = R15 000

    P = ?

    i = 0,065

    n = 6 jaar

    A = P(1 + i × n)  

    15 000 = P(1 + 0,065 × 6)

    15 000 = P(1,39)

    P = 15 000 ÷ 1,39

    P = R10 791,37

    Nota: Geld moet tot 2 desimale plekke afgerond word.