Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 6-Elektrisiteiteitstariewe
  • NOTAS
  • Elektrisiteitskostes

    Die tariewe vir Tswane vir 2 jaar, word gegee.

    Energieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    Julie 2011/Junie 2012

    Julie 2012/Junie 2013

    1 – 100

    96,94

    101,79

    101 – 400

    102,94

    113,85

    401 – 650

    108,44

    120,37

    > 650

    115,54

    128,25

    Voorbeeld:

    Bereken die koste vir Desember 2011 as die verbruik 573kWh was.

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

     

    kWh verbruik

     

    Julie 2011/Junie 2012

     

    Koste (R)

     

    1 – 100

     

    100

     

    96,94

     

    R96,94

     

    101 – 400

     

    300

     

    102,94

     

    R308,82

     

    401 – 650

     

    173

     

    108,44

     

    R187,60

     

    Total kWh 

     

    573

     

    Subtotaal (R)

     

    R 593,36

     
      

    BTW 14%

     

    R 83,07

     
      

    Totaal

     

    R 676,43

     

    Bereken hoeveel kWh verbruik is as die elektrisiteitsrekening in Mei 2012               

    R816,40, BTW ingesluit, was.

    Koste BTW ingsl = R816,40

    114% × Koste BTW uitgsl = R816.40

    Koste BTW uitgsl = 816.40 ÷ 114% = R716.14

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    kWh verbruik

    Julie 2011/Junie 2012

    Koste (R)

    Kumulatiewe koste 

    1 – 100

    100

    96,94

     R     96,94

     R   96,94

    101 – 400

    300

    102,94

     R   308,82

     R 405,76

    401 – 650

    250

    108,44

     R   271,10

     R 676,86

    > 650

    34

    115,54

     R     39,28

     R 716,14

    Die rekening is meer as R676,86, wat beteken dat hulle meer as 600kWh verbruik het.

    R bedrag bo 600kWh = R716,14 – R676,86 = R39,28

    kWh = 39,28 ÷ 1,1554 = 34,03... kWh ≈ 34 kWh

    Totale verbruik = 650 + 34 = 684 kWh

    Energiebesparende wenke van Eskom

    Doeltreffende beligting

    Gebruik kompakte fluoorlampe (KFL'e) of energiebesparende gloeilampies.

    Gebruik doeltreffende kookmetodes. Gebruik 'n drukkoker of 'n mikrogolfoond, eerder as 'n stoof.

    Vragbeheer oor die geiser en ander toerusting. (Voorbeeld - swembadpomp).

    Isoleer die geiser met 'n geiserkombers.

    Laat 'n sonkrag-waterverwarmer installeer.

    Moenie die yskasdeur onnodig oopmaak nie.

    Isoleer die plafon en verseël openinge in die huis.

    Maak die skottelgoedwasser heeltemal vol, voor dit aangeskakel word.

    Ontvries vrieskaste gereeld.

    'n Voorlaaierwasmasjien gebruik minder water en kos minder om te gebruik.

    Kies die regte temperatuurstellings om die hoeveelheid elektrisiteit gebruik tot die minimum te beperk wanneer 'n tuimeldroër gebruik word. Hang klere op sonnige dae buite.

    Haal klere dadelik uit die droër en vou dit dadelik op – sommige items sal dan nie stryk nodig hê nie.

    Stryk kledingstowwe wat lae temperature nodig het eerste, om die opwarmtyd te verkort.

    Kook net genoeg water vir wat jy nodig het.