Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 6-Elektrisiteiteitstariewe
  • NOTAS
  • Elektrisiteitskostes

    Die tariewe vir Tswane vir 2 jaar, word gegee.

    Energieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    Julie 2011/Junie 2012

    Julie 2012/Junie 2013

    1 – 100

    96,94

    101,79

    101 – 400

    102,94

    113,85

    401 – 650

    108,44

    120,37

    > 650

    115,54

    128,25

    Voorbeeld:

    ❖Bereken die koste vir Desember 2011 as die verbruik 573kWh was.

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

     

    kWh verbruik

     

    Julie 2011/Junie 2012

     

    Koste (R)

     

    1 – 100

     

    100

     

    96,94

     

    R96,94

     

    101 – 400

     

    300

     

    102,94

     

    R308,82

     

    401 – 650

     

    173

     

    108,44

     

    R187,60

     

    Total kWh 

     

    573

     

    Subtotaal (R)

     

    R 593,36

     
      

    BTW 14%

     

    R 83,07

     
      

    Totaal

     

    R 676,43

     

    ❖Bereken hoeveel kWh verbruik is as die elektrisiteitsrekening in Mei 2012               

    R816,40, BTW ingesluit, was.

    Koste BTW ingsl = R816,40

    114% × Koste BTW uitgsl = R816.40

    Koste BTW uitgsl = 816.40 ÷ 114% = R716.14

    Ernergieheffing [c/kWh] BTW uitgsl

    kWh verbruik

    Julie 2011/Junie 2012

    Koste (R)

    Kumulatiewe koste 

    1 – 100

    100

    96,94

     R     96,94

     R   96,94

    101 – 400

    300

    102,94

     R   308,82

     R 405,76

    401 – 650

    250

    108,44

     R   271,10

     R 676,86

    > 650

    34

    115,54

     R     39,28

     R 716,14

    Die rekening is meer as R676,86, wat beteken dat hulle meer as 600kWh verbruik het.

    R bedrag bo 600kWh = R716,14 – R676,86 = R39,28

    kWh = 39,28 ÷ 1,1554 = 34,03... kWh ≈ 34 kWh

    Totale verbruik = 650 + 34 = 684 kWh

    Energiebesparende wenke van Eskom

    ❖Doeltreffende beligting

    ❖Gebruik kompakte fluoorlampe (KFL'e) of energiebesparende gloeilampies.

    ❖Gebruik doeltreffende kookmetodes. Gebruik 'n drukkoker of 'n mikrogolfoond, eerder as 'n stoof.

    ❖Vragbeheer oor die geiser en ander toerusting. (Voorbeeld - swembadpomp).

    ❖Isoleer die geiser met 'n geiserkombers.

    ❖Laat 'n sonkrag-waterverwarmer installeer.

    ❖Moenie die yskasdeur onnodig oopmaak nie.

    ❖Isoleer die plafon en verseël openinge in die huis.

    ❖Maak die skottelgoedwasser heeltemal vol, voor dit aangeskakel word.

    ❖Ontvries vrieskaste gereeld.

    ❖'n Voorlaaierwasmasjien gebruik minder water en kos minder om te gebruik.

    ❖Kies die regte temperatuurstellings om die hoeveelheid elektrisiteit gebruik tot die minimum te beperk wanneer 'n tuimeldroër gebruik word. Hang klere op sonnige dae buite.

    ❖Haal klere dadelik uit die droër en vou dit dadelik op – sommige items sal dan nie stryk nodig hê nie.

    ❖Stryk kledingstowwe wat lae temperature nodig het eerste, om die opwarmtyd te verkort.

    ❖Kook net genoeg water vir wat jy nodig het.