Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 5-Koste van water
  • NOTAS
  • Koste van water

    Die koste van water word op 'n glyskaal bereken. Dit beteken dat, hoe meer water jy verbruik, hoe meer jy per kiloliter sal betaal.

    Verskillende munisipaliteite hef ook verskillende tariewe en dit word volgens die behoeftes van die munisipaliteit bereken.

    Hieronder is 'n tabel met watertariewe vir Oos-Londen (“Buffalo City”) vir 2 jaar.

    Pryse per kl BTW uitgsl.

    2011/2012

    2012/2013

    0 – 6

    6,51103

    7,49745

    7 – 10

    6,63871

    7,64447

    11 – 20

    9,22030

    10,61718

    21 - 30

    11,95225

    13,76302

    > 31

    14,99941

    17,27182

    Voorbeeld:

    Bereken die totale koste, BTW ingesluit, van die verbruik van 27 kl vir die jaar  2011/2012.

    Pryse per kl BTW uitgsl

    kl verbruik

    2011/2012

    Koste

    0 – 6

    6

    6,51103

    R   39,07

    7 – 10

    4

    6,63871

    R   26,55

    11 – 20

    10

    9,22030

    R   92,20

    21 - 30

    7

    11,95225

    R   83,67

    > 31

     

    14,99941

    R         -

     

    27

    Subtotaal

    R 241,49

      

    BTW 14%

    R   33,81

      

    Totaal

    R 275,30

    Voorbeeld:

    As die koste van water op die rekening, BTW ingesluit, teen die nuwe tarief R852,38 is, hoeveel kiloliter water is verbruik?

    Pryse BTW uitgsl

    kl verbruik

    Koste /kl

    Koste

    Kumulatiewe kostetotaal

    0 – 6

    6

    7,49745

    R44,98

    R44,98

    7 - 10

    4

    7,64447

    R30,58

    R75,56

    11 - 20

    10

    10,61718

    R106,17

    R181,73

    21 - 30

    10

    13,76302

    R137,63

    R319,36

     31

    ?

    17,27182

    ?

    R747,70

    Koste BTW ingsl = 852,38

    114% × Koste BTW uitgsl = 852,38

    Koste BTW uitgsl = 852,38 ÷ 114% = R747,70

    Koste van oorblywende kl = 747,70 – 319,36 = 428,34

    Aantal kl = 428,34 ÷ 17,27182= 24,799,,,≈ 24,8kl

    Totale watergebruik = 30 + 24,8 = 54,8 kl