Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 12-Gelykbreekpunt analise 2
  • NOTAS
  • Gelykbreekontleding (vervolg)

    Voorbeeld

    Mnr. Siyo, wat in Bloemfontein woon, wil 'n motor vir een dag huur om Kimberley toe en terug te ry.  Die afstand van Bloemfontein na Kimberley is 180 km.  Hy kontak 'n motorverhuringsmaatskappy en word twee opsies aangebied: Opsie X en Opsie Y.

    Opsie X: Die maatskappy vra 'n vaste tafief van R450 per dag plus 50 cent (R0,50) vir elke kilometer gereis.

    Tabel 1: Koste van die huur van die motor onder Opsie X

    Afstand (km)

    0

    100

    200

    300

    400

    Koste (R)

    450

    500

    550

    600

    650

    Opsie Y:  Die maatskappy vra 'n vaste tafief van R2 per kilometer gereis.

    Tabel 2: Koste van die huur van die motor onder Opsie Y

    Afstand (km)

    0

    100

    200

    300

    400

    Koste (R)

    0

    200

    400

    600

    800

    Die vergelykings wat die koste voorstel, is:

    Opsie X: Koste = 450 + 0,5 × Aantal km = 450 + 0,5 × k

    Opsie Y: Koste = 2 × k

    Die grafiek wat die 2 opsies voorstel, is:

    Gebruik die vergelykings om die volgende vrae te beantwoord:

    Na hoeveel kilometer sal die koste vir Opsie X en Opsie Y dieselfde wees?

    Bereken die gelykbreekkoste.

    Watter motor sal goedkoper wees oor 360 km en met hoeveel?

    Hoeveel kilometer het mnr. Siyo gereis as hy Opsie X gebruik het en die koste R592 was?

    Antwoorde:

    1.Aangesien die koste dieselfde is, vergelyk ons die vergelykings en los op:

    2k = 450 + 0,5k

    1,5k = 450

    k = 450 ÷ 1,5 = 300 km

    2.Vervang in een van die 2 vergelykings:

    Koste = 2 × 300 = R600

    3.Opsie X: Koste = 450 + 0,5 × 360 = R630

    Opsie Y: Koste = 2 × 360 = R720

    Opsie X sou met: 720 – 630 = R90 goedkoper wees

    4.Koste = 450 + 0,5k

    592 = 450 + 0,5k

    0,5k = 592 – 450

    0,5k = 142

    k = 142 ÷ 0,5 = 284 km

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Hieronder is 'n deel van 'n betaalstrokie.

    Identifiseer die volgende en die bedrae vir elkeen:

    1.Vaste uitgawes

    2.Veranderlike uitgawes

    3.Vaste inkomste

    4.Veranderlike inkomste

    Inkomste

      

    Beskrywing

     

    Bedrag

    Salaris

     

    19 000.00

    Jaarlikse Bonus

     

    19 000.00

     

    Totaal

    38 000.00

    Toelaes

      

    Beskrywing

     

    Bedrag

    Reistoelae

     

    900.00

    Terugbetaalbare Reis (235 × 2.50/km)

    725.50

    Behuisingstoelae

     

    700.00

    Telefoontoelae

     

    300.00

    Motortoelae

     

    450.00

     

    Totaal

    3 437.50

    Aftrekkings

      

    Beskrywing

     

    Bedrag

    Pensioenfonds

     

    1 400.00

    Mediesefonds

     

    1 500.00

    Personeellening

     

    250.00

    Skenking vir aftrede van J. Brown

    50.00

    Les 2

    Mev. Maela Chang is 'n ouderdomspensioentrekker. Sy ontvang 'n maatskaplike toelae van R960 per maand en R45 per aand vir die oppas van die kinders van die bure.

    In Maart het sy 2 aande kinders opgepas.

    Die volgende is haar uitgawes vir Maart:

    R15,50 vir haar afslagbuskaartjie vir 10 ritte

    R24,50 vir haar hospitaalbesoek

    R60,00 vir voorafbetaalde elektrisiteit

    R30,00 vir haar begrafnispolis

    R40,00 vir haar kerkbydrae

    R86,40 vir die huur van haar akkommodasie

    Die saldo vir kos en ander leef-uitgawes

    1.Watter soort inkomste is haar inkomste uit kinders oppas?

    2.Wat is haar totale inkomste vir Maart?

    3.Wat is die koste van 1 busrit?

    4.Watter breuk (eenvoudigste vorm) van haar pensioen betaal sy vir haar begrafnispolis?

    5.Bereken die saldo wat mev. Chang in Maart vir kos en ander leef-uitgawes oor het.

    Les 3

    Mnr. Siyo, wat in Bloemfontein woon, wil 'n motor vir een dag huur om Kimberley toe en terug te ry.  Die afstand van Bloemfontein na Kimberley is 180 km.  Hy kontak 'n motorverhuringsmaatskappy en word twee opsies aangebied: Opsie X en Opsie Y

    Opsie X: Die maatskappy vra 'n vaste tafief van R450 per dag plus 50 cent (R0,50) vir elke kilometer gereis.

    Tabel 1: Koste van die huur van die motor onder Opsie X

    Afstand (km)

    0

    100

    200

    300

    400

    Koste (R)

    450

    500

    550

    600

    650

    Opsie Y:  Die maatskappy vra 'n vaste tarief van R200 per dag vir die eerste 100 km of gedeelte daarvan.  Daarna vra hulle R2 per kilometer gereis.

    Tabel 2: Koste van die huur van die motor onder Opsie Y

    Afstand (km)

    0

    100

    120

    200

    250

    300

    400

    Koste (R)

    200

    200

    240

    400

    B

    600

    800

    1.Skryf die vergelykings wat die koste vir Opsie X en Opsie Y voorstel, neer.

    2.Bereken die ontbrekende waardes A en B.

    3.Skets lyngrafieke wat Opsie X en Y verteenwoordig.  Benoem die twee grafieke duidelik.  (Nota: Die asse vir die skets van die grafiek sal vir jou gegee word.)

    Gebruik die tabelle of die grafieke om die volgende vrae te beantwoord:

    4.Na hoeveel kilometer sal die koste vir Opsie X en Opsie Y dieselfde wees?

    5.Skryf die gelykbreekkoste neer.

    6.Watter opsie moet mnr. Siyo kies om Kimberley toe en terug te ry?  Gee 'n rede.

    Les 4

    Thembi het 'n besigheid wat speelgoed maak. Die grafieke hieronder toon die inkomste en uitgawes van haar besigheid aan.

    Die vergelykings is: (t = aantal speelgoed)

    Inkomste = 25 × t

    Uitgawes = 100 + 15 × t

    Gebruik die vergelykings om die volgende vrae te beantwoord:

    1.Wat is Thembi se inkomste as sy 33 speelgoed verkoop?

    2.Hoeveel wins sal Thembi maak as sy 33 speelgoed maak en verkoop?

    Hoeveel moet Thembi maak en verkoop om gelyk te breek?

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.Vaste uitgawes

    Pensioenfonds                      R1 400

    Mediesefonds                      R1 500

    2.Veranderlike uitgawes

    Personeellening                   R250

    Skenking vir aftrede            R50

    3.Vaste inkomste

    Salaris                                     R19 000

    Reistoelae                            R900

    Behuisingstoelae                  R700

    Telefoontoelae                   R300

    Motortoelae                         R450

    4.Veranderlike inkomste

    Jaarlikse bonus                     R19 000

    Terugbetaalbare reis          R725.50

    Les 2

    1.Veranderlik

    2.R960 + 2 × R45 = R1 050

    3.R15,50 ÷ 10 = R1,55

    5.Inkomste = R1 050

    Uitgawes  = 15,50 + 24,50 + 60 + 30 + 40 + 86,40 = R256,40

    Saldo = 1 050 – 256,40 = R793,60

    Les 3

    1.Opsie X: Koste = 450 + 0,5 × Aantal km

    Opsie Y: Vir 0 – 100 km: Koste = 200

    Vir meer as 100 km: Koste = 200 + 2 × (Aantal km bo 100 km)

    2.A = 450 + 0,5 × 160 = R530

    B = 200 + 2 × 250 = R700

    3.

    Opsie; opsie

    4.300 km

    5.R600

    6.Opsie Y.  Dit is goedkoper.  Met behulp van die vergelykings: R720 – R630 = R90

    Les 4

    1.Inkomste = 25 × 33 = R825

    2.Uitgawes = 100 + 15 × 33 = R595

    Inkomste = R825

    Wins = Inkomste – Uitgawes = 825 – 595  = R230

    3.Inkomste = uitgawes

    25t = 100 + 15t

    10t = 100

    t = 10 speelgoed