Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 10-Inkomste- en Uitgawesstate
  • NOTAS
  • Inkomste-en uitgawe-state

    Voorbeeld:

    Die Lighuis-stigting voorsien kospakkies, uniforms en klere aan behoeftige kinders in Limpopo.

    Elke jaar lê die Lighuis-stigting 'n finansiële verslag aan al sy belanghebbendes voor.

    Lighuis-stigting Finansiële Rapport vir

    1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007

    INKOMSTE

    UITGAWES

    Item

    Bedrag (R)

    Item

    Bedrag (R)

    Private Skenkings

     

    Administrasiekoste

     

    Plaaslik

    78 240

    Salarisse

    128 833

    Oorsee

    57 120

    Telefoon

    15 571

    Subsidie

     

    Skryfbehoeftes/Posgeld

    2 379

    Plaaslike munisipaliteit

    308 160

    Bankkoste

    2 899

      

    Dienste gelewer aan kinders

     
      

    Kospakkies

    178 200

      

    Voorraad vir groentetuin

    5 812

      

    Skooluniforms

    10 047

      

    Klere

    30 456

      

    Vervoerkoste

    22 822

    TOTALE INKOMSTE

    443 520

    TOTALE UITGAWES

    397 019

    1.Skryf die tydperk neer wat deur die finansiële rapport gedek word.

    2.Noem 'n vaste uitgawe.

    3.Noem 2 veranderlike uitgawes.

    4.Word skenkings as vaste of veranderlike inkomste geklassifiseer?

    5.Noem die Lighuis-stigting se hoof bron van inkomste.

    6.Druk die subsidie van die plaaslike munisipaliteit uit as 'n persentasie van die totale inkomste. (Rond die antwoord tot EEN desimale plek af.)

    7.Wat kan voorraad vir die groentetuin wees?

    8.Bereken die gemiddelde koste van een uniform as 48 kinders uniforms ontvang het.

    Antwoorde:

    1.1 Maart 2006 tot 28 Februarie 2007

    2.Salarisse

    3.Al die uitgawes behalwe die salarisse.

    4.Veranderlike

    5.Subsidie van die plaaslike munisipaliteit.

    7.Saailinge, bemesting, werktuie

    8.

    = 209,31