• Sirkeldiagramme

    'n Sirkeldiagram is 'n sirkelgrafiek wat in stukke verdeel is, waarvan elkeen die grootte van die een of ander verwante stuk inligting vertoon. Sirkeldiagramme word gebruik om die groottes van die dele waaruit die geheel bestaan, te vertoon.

    Om 'n sirkeldiagram te kan interpreteer, moet jy na die volgende kyk:

    'n opskrif

    'n sleutel wat aandui waarvoor die verskillende dele staan, of die opskrif van elke stuk

    die persentasie wat deur elke stuk verteenwoordig word

    Om die grootte van elke stuk in 'n sirkeldiagram in grade vas te stel, is die formule:

    Aantal grade =  × 360°

    Die grootte van elke afdeling moet ook as 'n persentasie op die diagram aangedui word. 

    Die formule is:

    % =  × 100

    Voorbeeld:

    Oor 'n tydperk het 102 456 mense Suid-Afrika besoek.

    Die sirkeldiagram hieronder toon die aantal besoekers aan Suid-Afrika volgens die land waarin hulle woon, aan.

    1.Die aantal mense uit Australiëwat Suid-Afrika besoek het, was 8 196. Hoeveel grade is die skyf wat Australië voorstel?

    2.Die grootte van die skyf van die besoekers uit die VSA is 54°. Hoeveel was uit die VSA?

    3.Watter persentasie van die besoekers was uit China?

    4.Hoeveel besoekers was uit Frankryken Engeland?

    Antwoorde:

    1.Besoekers uit Australië =  × 360°

    = 28,79…°

     29° (afgerond tot die naaste heel graad)

    2.Besoekers uit die VSA =  × 102 456

    = 15 368,4 besoekers

    = 15 368 besoekers (afgerond tot die naaste heelgetal)

    3.

    % uit China = 100% - (38% + 5% + 15% + 8% + 25%)

    % uit China = 100% - 91%

    % uit China = 9%

    4.Frankryk + Engeland = 38% + 5%

    Frankryk + Engeland = 43%

    Frankryk + Engeland = 43% × 102 456

    Frankryk + Engeland = 44 056,08

    Frankryk + Engeland ≈ 44 056 besoekers (afgerond tot die naaste heelgetal)