Graad 12 Wiskundige Geletterdheid

  • Les 4-Organisering van data: telling en frekwensie
  • NOTAS
  • Die organisering van data: telling en frekwensie

    Die frekwensie van 'n spesifieke datawaarde is die aantal kere wat die waarde voorkom. Die simbool vir die frekwensie van data is 'n f.

    'n Frekwensietabel bestaan gewoonlik uit drie kolomme.

    Die 1ste kolom is vir die werklike datawaarde en dit is in stygende orde gerangskik.

    Die 2de kolom is vir telling hou van die datawaarde.

    'n Telmerkie word vir die tel van die datawaardes gebruik.

    Wanneer die data georganiseer word, word 'n telmerkie, dit is 'n regaf streep ( | ), gemaak vir elke keer wat die waarde voorkom.

    Wanneer die waarde vir 'n 5de keer voorkom, word 'n horisontale streep deur die eerste vier strepe getrek; d.w.s.     | | | |  

    Dit maak dit maklik om in stelle van 5 te tel!

    Die beste manier om die telmerkies aan te teken, is om dit soos jy aangaan, te doen.

    Dit is nie 'n goeie idee om dit eers te tel en dan die telmerkies aan te bring nie, omdat dit gewoonlik tot foute lei!

    Die laaste kolom is vir die werklike frekwensie van die datawaarde en toon die totaal van die telmerkies.

    Jy moet altyd die frekwensie optel om seker te maak dat jy nie enige van die waardes gemis het nie.

    Voorbeeld: 

    'n Afdelingswinkel hou tred van al die ketels wat in 'n spesifieke maand verkoop word. Hulle hou 6 modelle ketels aan: A, B, C, D, E en F. Hieronder is 'n lys van die 30 ketels wat in die maand verkoop is:

    B

    B

    C

    A

    D

    D

    E

    B

    A

    F

    D

    E

    B

    C

    F

    B

    D

    F

    A

    A

    B

    B

    F

    A

    C

    F

    B

    F

    C

    B

    1.Stel 'n telling- en frekwensietabel vir die ketels wat in 'n maand verkoop is, op

    en beantwoord dan die vrae wat volg.

    2.Watter ketel is die gewildste?

    3.Watter ketel is die minste gewild?

    4.Watter persentasie van ketels verkoop, is Soort A?

    Antwoorde:

    1.

    Soort ketel

    Telling

    Frekwensie

    A

          | | | |  

    5

    B

          | | | |       | | | |

    9

    C

    | | | |

    4

    D

    | | | |

    4

    E

    | |

    2

    F

          | | | |         |

    6

     

    Totaal

    30

    2.Ketel B

    3.Ketel E

    4.% van Ketel A = 5 ÷ 30 × 100

    % van Ketel A = 16,666...%

    % van Ketel A ≈ 17%

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Kom ons neem aan dat, vir die haarstyl-opname, 15% van elke graad gekies moet word.

    Die aantal in elke graad is soos volg:

    Graad 8: 183

    Graad 9: 175

    Graad 10: 154

    Graad 11: 124

    Graad 12: 110

    1.Hoeveel Graad 12’s sal vir die opname gekies word?

    2.As die verhouding seuns:dogters = 2:3, hoeveel van elke geslag sal aan  die opname deelneem?

    Les 2

    1.Bestudeer die vrae hieronder, wat in 'n opname voorkom. Is die vrae geslote of oop?

    a.Hoe belangrik, dink jy, is jou matriekuitslae vir jou aansoek by 'n universiteit? (kies een):

    Nie baie belangrik nie 5 Uiters belangrik

    b.Waarom kyk jy na hierdie program?

    c.Hoe, dink jy, help hierdie lesse jou?

    d.Takseer die volgende stelling: “Hierdie lesse help my om datahantering beter te verstaan.”  Kies een van die volgende:

    1 = Stem sterk saam

    2 = Stem saam

    3 = Stem nie saam nie

    4 = Verskil sterk

    2.Verander die volgende oop vraag na 'n geslote vraag: Wat is jou huidige huwelikstaat?

    Les 3

    Klassifiseer die volgende data as kwalitatief of kwantitatief. Waar nodig, noem ook of die data diskreet of kontinu is.                                                 

    1.Die aantal minibusse wat leerders by 'n skool aflaai.

    2.Die kleur van die minibusse wat leerders by 'n skool aflaai.

    3.Die lengte van leerders in Graad 12.

    4.Die gunsteling soort musiek onder die Graad 12’s in jou skool.

    Les 4

    Hieronder is 'n frekwensietabel wat die aantal broodroosters aantoon wat in 'n maand verkoop is.

     

    Telling

    A

      | | | |  

    B

      | | | |     | | | |     | | | |  

    C

      | | | |         | | |

    D

    | | | |

    1.Voltooi die tabel deur 'n frekwensiekolom by te voeg.

    2.Hoeveel broodroosters is in totaal verkoop?

    3.Wat is die frekwensie van die aantal broodroosters van soort B en C wat in 'n maand verkoop is?

    4.Watter persentasie vorm broodrooster D van die verkope?

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.Aantal Graad 12’s = 15% × 110 = 16,5 ≈ 17 leerders

    2.Totale aantal leerders = 183 + 175 + 154 + 124 + 110= 746

    Aantal leerders wat deelneem = 15% × 746= 111,9≈ 112 leerders

    verhouding van seuns:dogters = 2:3

    Aantal dele = 5

    Aantal seuns = 2 ÷ 5  × 112 = 44,8 ≈ 45

    Aantal dogters = 3 ÷ 5 × 112 = 67,2 ≈ 67

    Les 2

    1.

    a.Geslote

    b.Oop

    c.Oop

    d.Geslote

    2.Wat is jou huidige huwelikstaat? (Kies een)

    Enkellopend

    Getroud

    Geskei

    Uiteen

    Weduwee/Wewenaar

    Les 3

    1.Kwantitatief. Diskreet.

    2.Kwalitatief.

    3.Kwantitatief. Kontinu.

    4.Kwalitatief.

    Les 4

    1.

     

    Telling

    Frekwensie

    A

      | | | |  

    5

    B

      | | | |     | | | |     | | | |  

    15

    C

      | | | |       | | |

    8

    D

     | | | |

    4

    2.32

    3.23