• Vrae uit vorige vraestelle

    Aanvullende Vraestel 1 2013

    Voorbeeld:

    In 1994 het die Suid-Afrikaanse regering die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) bekendgestel om die sosio-ekonomiese agterstand in bekostigbare behuising aan te spreek.

    Die sirkelgrafiek hieronder toon die persentasie HOP-huise wat tussen 2005 en 2010 gebou is, aan.

    PERSENTASIE HOP-HUISE WAT TUSSEN

    2005 EN 2010 GEBOU IS

    Tussen Januarie 2005 en Desember 2010 is 'n totaal van 909 275 HOP-huise gebou. [Bron: www.escr-net.org]

    1.Stel die persentasie HOP-huise wat in die loop van 2010 gebou is, vas.

    2.In watter jaar is die kleinste persentasie HOP-huise gebou?

    3.In watter jaar is dieselfde persentasie HOP-huise gebou as in 2005?

    4.Stel die aantal HOP-huise wat in die loop van 2005 gebou is, vas.

    Antwoorde:

    1.Huise gebou in 2010 = 100% – (16+15+17+16+18)%

    = 100% – 82%

    = 18%

    2.2006

    3.2008

    4.Aantal huise gebou in 2005 = 909 275 ×10016 = 145 484