• Misleidende statistiek

    Kaarte en grafieke word so geteken dat hulle ook kan mislei, soms onopsetlik en soms opsetlik. Wanneer kaarte en grafieke in die media gelees word, is dit belangrik om na die volgende op te let:

    Het dit 'n titel?

    Is albei asse benoem?

    Is daar misleidende onderbrekings in 'n as?

    Is die eenhede ingesluit?

    Is die skale wat op die asse gebruik word, ewe lank?

    Is die zero op die as ingesluit, indien nodig?

    Wees versigtig vir tot gevolgtrekkings kom uit grafieke wat nie aan bogenoemde punte voldoen nie.

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n tabel wat deur 'n leerder opgestel is, om aan te toon hoe hulle hul tyd op 'n spesifieke dag deurgebring het.

    1.

    'n 24-uur dag

    Aktiwiteit

    Uur

    Slaap

    8

    Studeer

    2

    TV

    2

    Swemoefening

    2

    Skool

    8

    Telefoon

    1

    Wat is met die data op die tabel verkeerd?

    Hulle het ook 'n staafgrafiek en 'n sirkelgrafiek geskets om die data voor te stel.

    2.Wat ontbreek op die staafgrafiek?        

    3.Wat ontbreek op die sirkelgrafiek?

    Antwoorde:

    1.Die som van die ure is nie 24 nie.

    2.Die eenhede en die opskrif van die horisontale as.

    3.Daar is geen waardes (%) op die sirkelgrafiek nie.