• Die interpretering van staafgrafieke: negatiewe waardes

    Voorbeeld:

    Bestudeer die tabel hieronder wat die netto uitvoere van gekose lande aandui. Twee van hierdie lande, Brittanje en die Verenigde State, het netto uitvoere wat negatief is.

    Netto Uitvoere van Gekose Lande

    Land

    Netto Uitvoere
    (in biljoene dollar)

    Kanada

    10

    Frankryk

    12

    Italië

    36

    Japan

    142

    Brittanje

    -22

    Die Verenigde State

    -132

    Wat beteken dit om 'n negatiewe netto uitvoervlak te hê? Dit beteken eenvoudig dat die VSA en Brittanje minder uitvoer as wat hulle invoer.

    'n Horisontale staafgrafiek sou die beste soort grafiek wees om vir hierdie inligting te gebruik. Aangesien daar negatiewe waardes is, begin ons die grafiek met zero in die middel en die positiewe waardes na regs. Rangskikking in numeriese volgorde maak die grafiek ook makliker om te lees.

    Ons kan nou die staafgrafiek gebruik om 'n paar vrae te beantwoord. (Hoewel die tabel gebruik kan word, kry jy dalk net 'n grafiek om mee te werk en dit is belangrik om die waardes te kan skat. 'n Bietjie ruimte word toegelaat, maar probeer om so akkuraat as moontlik te lees, deur te kyk hoe ver binne die afdeling die staaf stop.)

    1.Watter land het die hoogste vlak van netto uitvoere? Skat hierdie vlak in biljoene dollars.

    2.Wat is die grootste verskil in netto uitvoere tussen twee lande wat op hierdie grafiek aangedui word?

    3.Watter land het 'n netto uitvoer wat die naaste aan dié van Brittanje is?

    Antwoorde:

    1.Japan het die hoogste vlak, aangesien dit met die grootste staaf aan die positiewe kant van die grafiek ooreenstem.

    Die benaderde waarde is $140 biljoen dollar.

    2.Die antwoord gaan die verskil wees tussen die 2 lande wat die hoogste positiewe en die hoogste negatiewe netto uitvoere het. Hierdie lande is Japan en die VSA.

    Japan = $140 biljoen

    VSA = - $135 biljoen

    Verskil = 140 - (-135) = $275 biljoen

    3.Ons moet nou soek na die kortste afstand tussen Brittanje en die ander lande. Kanada se netto uitvoer is net minder as Frankryk s’n. So, Kanada s’n is die naaste aan dié van Brittanje.