• Mond-en-snor-grafieke

    'n Mond-en-snor-grafiek is 'n grafiese voorstelling van die vyfsyferopsomming.

    Die vyfsyferopsomming is 'n algemene manier om al die data in 'n stel op te som. Dit bestaan uit die minimum waarde, die maksimum waarde, die mediaan en die onderste en boonste kwartiele.

    Die mond toon die interkwartielomvang (die afstand tussen Q1 en Q3) aan. Die lyn binne-in die mond toon die mediaan aan. Die lyne wat buite die mond strek (die snor genoem) toon waar die minimum en maksimum waardes lê. Die mond kan bo 'n getallelyn wat die verdelings aantoon, geskets word, of die waardes van die vyfsyferopsomming kan op die diagram geskryf word, of albei. In alle gevalle moet dit egter op skaal geskets word. Dit stel ons in staat om met een oogopslag te sien hoe die data versprei is.

    Daar sal nie van jou vereis word om 'n mond-en-snor-grafiek te skets nie. Jy sal egter die waardes van die vyfsyferopsomming moet kan kry, die grafiek kan interpreteer en kan verduidelik wat die vorm van die grafiek ten opsigte van die verspreiding van die datawaardes beteken.

    Snor; mond; snor; minimum; mediaan; maksimum; onderste kwartiel; boonste kwartiel

    Nota:

    1.Die mediaan en die kwartiele verdeel die data in kwarte, wat die volgende beteken:

    50% of die helfte van die data lê in die mond.

    25% of 'n kwart van die data word deur elke snor verteenwoordig.

    50% of die helfte van die data lê onder en 50% van die data lê bo die mediaan.

    2.Wanneer 'n mond-en-snor-grafiek gebruik word, is dit maklik om te sien hoe die data relatief tot die mediaan versprei is. 

    As die data links van en regs van die mediaan dieselfde is, word dit simmetries genoem.

    Dit is na regs skeefgetrek (of positief skeefgetrek) as die meeste van die data regs van die mediaan is.

    Dit is na links skeefgetrek (of negatief skeefgetrek) as die meeste van die data links van die mediaan lê.

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n mond-en-snor-grafiek.

    1.Stel die vyfsyferopsomming vas.

    2.Hoeveel persent van die data lê onder 108?

    3.Beskryf hoe die data versprei is.

    Antwoorde:

    1.Min = 101

    Q1 = 104,25

    M of Q2 = 107

    Q3 = 109

    Maks = 101

    2.75%

    3.Na links skeefgetrek.

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Beskryf die korrelasies in die spreidingsgrafieke hieronder.

    1.

    2.

    3.'n Spreidingsgrafiek met die lyn van beste passing word hieronder gegee. Identifiseer die uitskieter.

    Les 2

    Die massa en frekwensie van 200 kinders in 'n skool word in die tabel hieronder gegee.

    Massa (kg)

    Aantal kinders

    32

    17

    34

    24

    36

    42

    38

    51

    40

    38

    42

    20

    44

    8

     

    200

    1.Stel 'n tabel wat die kumulatiewe frekwensies en punte wat gestip moet word, aantoon.

    2.Skets 'n ogief om die data voor te stel.

    Les 3

    Die massa en frekwensie van 200 kinders in 'n skool word in die tabel hieronder gegee.

    Massa (kg)

    Aantal kinders

    32

    17

    34

    24

    36

    42

    38

    51

    40

    38

    42

    20

    44

    8

     

    200

    Die ogief vir die data is soos volg:

    Stel die volgende uit die grafiek vas en dui aan waar hulle kan op die grafiek gekry kan word.

    1.Mediaan

    2.Onderste kwartiel

    3.Boonste kwartiel

    4.Die 30ste persentiel

    5.Die 66ste persentiel

    6.Watter % kinders weeg minder as 36kg?

    Les 4

    1.Gebruik die mond-en-snor-grafiek om die waardes van die vyfsyferopsomming vas te stel.

    2.Hoeveel persent van die data lê onder 75?

    Beskryf hoe die data relatief tot die mediaan versprei is.

    ANTWOORDE

    Les 1

    1.Die korrelasie word die beste as swak en positief, of geen korrelasie nie, beskryf.

    2.Die korrelasie word die beste as sterk en negatief beskryf.

    3.Uitskieter is (9;1).

    Les 2

    1.

    Massa (kg)

    Aantal kinders

    Kumulatiewe frekwensie

    Punte wat gestip moet word

    30,1 – 32

    17

    17

    (32 ; 17)

    31,1 – 34

    24

    41

    (34 ; 41)

    34,1 – 36

    42

    83

    (36 ; 83)

    36,1 – 38

    51

    134

    (38 ; 134)

    38,1 – 40

    38

    172

    (40 ; 172)

    40,1 – 42

    20

    192

    (42 ; 192)

    42,1 – 44

    8

    200

    (44 ; 200)

     Total

    200

      

    2.

    Les 3

    1.Totale aantal in die datastel = 200

    Mediaan is in die middel = 100ste waarde ≈ 36,7kg

    2.Halfpad tussen die laagste waarde en die mediaan

    50ste waarde ≈ 34,5kg

    3.Halfpad tussen die mediaan en die hoogste waarde

    150ste waarde ≈ 38,8kg

    4.30% × 200 = 60ste  waarde

    30th persentiel = 35 kg

    5.66% × 200 = 132ste waarde

    66ste persentiel ≈ 37,9kg

    Les 4

    1.Min = 73

    Q1 = 75

    M of Q2 = 76

    Q3 = 79

    Maks = 81

    2.25%

    3.Dit is na regs, of positief skeefgetrek.