• Lees waardes van 'n ogief af

    Kom ons kyk na die voorbeeld van 'n ogief uit die vorige les.

    Voorbeeld:

    Die data vir die ouderdomme en aantal mense wat in 'n kompleks woon, word gegee.

    Klas

    10-20

    20-30

    30-40

    40-50

    50-60

    60-70

    70-80

    80-90

    Frek

    3

    15

    8

    20

    7

    4

    6

    2

    Die kumulatiewe frekwensie-tabel was soos volg:

    Klas

    Frekwensie

    Kumulatiewe frekwensie

    Punte om te stip

    1 – 10

    3

    3

    (10;3)

    11 – 20

    5

    8

    (20;8)

    21 – 30

    8

    16

    (30;16)

    31 – 40

    13

    29

    (40;29)

    41 – 50

    19

    48

    (50;48)

    51 – 60

    11

    59

    (60;59)

    61 – 70

    6

    65

    (70;65)

    71 – 80

    3

    68

    (80;68)

    81 - 90

    2

    70

    (90;70)

    Total

    70

      

    Die ogief was soos volg:

    1.Stel die mediaan, boonste kwartiel en onderste kwartiel vas en dui aan   waar hulle kan op die grafiek gekry kan word.

    2.Watter persentasie mense is ouer as 70 jaar?

    Antwoorde:

    1.Mediaan

    Totale aantal in die datastel = 70

    Mediaan is in die middel = 35ste waarde ≈ 43

    Onderste kwartiel

    Halfpad tussen die laagste waarde en die mediaan

    17,5de waarde ≈ 31

    Boonste kwartiel

    Halfpad tussen die mediaan en die hoogste waarde

    35ste  + 17,5de = 52,5ste waarde ≈ 53

    Dit is moontlik om die data in kleiner onderafdelings te verdeel:

    Die persentiele is punte wat die data in honderstes onderverdeel.

    Die persentiele word net die 1ste persentiel, die 2de persentiel, ensovoorts, genoem.

    Byvoorbeeld:

    Meg kry 75 uit 100 vir haar statistiektoets. Om haar punt met die punte van die res van die leerders in die klas te vergelyk, kan ons die persentiel waarin haar punt val, bereken. Ons rangskik al die punte in stygende volgorde. Veronderstel 100 leerders het die toets geskryf, en 80% van hulle het punte onder Meg se 75 gekry. Dan is Meg se punt die 80ste persentiel.

    As 'n punt in die 99ste persentiel val, dan is 99% van die punte onder daardie waarde.

    As 'n punt in die 60ste persentiel val, dan het 60% van die leerders minder as hierdie punt gekry. Die oorblywendes (100% - 60% = 40%) het hierdie punt, of meer, behaal.

    Die mediaan is die 50ste persentiel.

    Die onderste kwartiel is die 25ste persentiel en die boonste kwartiel is die 75ste persentiel.

    Voorbeeld:

    Gebruik die ogief en stel die volgende persentiele vas:

    1.86ste

    2.Watter % mense is jonger as 35 jaar?

    Antwoorde:

    1.86% × 70 = 60,2 ≈ 60

    86ste persentiel ≈ 61 jaar

    Dit beteken dat 86% van die mense jonger as 61 jaar oud is, OF dat 14%   ouer as 61jaar oud is.

    2.35 jaar het 'n kumulatiewe frekwensie van 21.

    % =  × 100 = 30%

    d.w.s. 21 jaar oud is die 30ste persentiel.

    Nota:  'n Bietjie speling sal in die akkuraatheid van jou antwoorde toegelaat word, as jy die grafiek self moes teken.