• Ogief: kumulatiewe frekwensie-grafiek

    'n Ogief of kumulatiewe frekwensie-grafiek is 'n grafiek wat gebruik kan word om vas te stel hoeveel datawaardes bo of onder 'n spesifieke waarde in 'n datastel lê.

    Om 'n ogief te skets, stel ons eers 'n tabel met die frekwensies en kumulatiewe frekwensies vir elke klasinterval op.

    Skets 'n ogief soos volg:

    Die kumulatiewe frekwensie word langs die vertikale as gestip.

    Die boonste klasgrense word op die horisontale as gestip.

    Stip die kumulatiewe frekwensies teen elke boonste klasgrens.

    Die mediane en die kwartielwaardes kan op 'n ogief vasgestel word.

    Voorbeeld:

    Die data vir die ouderdomme en aantal mense wat in 'n kompleks woon, word gegee.

    Klas

    10-20

    20-30

    30-40

    40-50

    50-60

    60-70

    70-80

    80-90

    Frek

    3

    15

    8

    20

    7

    4

    6

    2

    1.Skets 'n ogief om die data voor te stel.

    Klas

    Frekwensie

    Kumulatiewe frekwensie

    Punte om te stip

    1 – 10

    3

    3

    (10;3)

    11 – 20

    5

    8

    (20;8)

    21 – 30

    8

    16

    (30;16)

    31 – 40

    13

    29

    (40;29)

    41 – 50

    19

    48

    (50;48)

    51 – 60

    11

    59

    (60;59)

    61 – 70

    6

    65

    (70;65)

    71 – 80

    3

    68

    (80;68)

    81 - 90

    2

    70

    (90;70)

    Total

    70

      

    2.Watter soort vorm is die ogief?

    Antwoord:

    1.

    2.Die vorm van 'n ogief word dikwels na verwys as 'n “lui” S.