• Spreidingsgrafieke

    Die datapunte word gestip maar nie verbind nie; die gevolglike patroon toon die soort en sterkte van die verhouding tussen twee of meer veranderlikes aan.

    Die patroon van die datapunte op die spreidingsgrafiek toon die soort verhouding tussen die veranderlikes aan.

    Korrelasie

    As daar is 'n verhouding tussen twee hoeveelhede is, sê ons daar is 'n korrelasie tussen die hoeveelhede

    Spreidingsgrafieke kan die soort korrelasie tussen die veranderlikes illustreer, soos of dit:

    positief

    negatief

    verspreide datapunte

    nielineêre patrone

    sterk of

    swak, is

    Bestudeer die volgende voorbeelde:

        Sterk positiewe korrelasie                         Swak positiewe korrelasie

        Sterk negatiewe korrelasie                      Swak negatiewe korrelasie

      Geen korrelasie nie (verspreide data)

    'n Spreidingsgrafiek toon ook aan:

    die verspreiding van die data

    of daar enige uitskieters is

    Uitskieters

    'n Uitskieter is 'n ekstreme waarde van die data. Dit is 'n waarde wat beduidend van die res van die data verskil. Daar kan meer as een uitskieter in 'n stel data wees. As 'n uitskieter weens 'n fout, of verkeerde inligting voorkom, moet dit geïgnoreer word. Soms is uitskieters egter beduidende stukke inligting en moet dit nie geïgnoreer word nie.

    Die volgende grafiek toon 'n uitskieter:

    Lyne van beste passing

    As dit blyk dat daar wel 'n verband is, word 'n lyn van beste passing geskets. In 'n spreidingsgrafiek is die oorsprong altyd (0,0).

    Wanneer 'n lyn van beste passing getrek word, moet dit:

    'n gelyke aantal punte daarbo en daaronder hê

    deur die punt wat die gemiddelde van die waarde van die datapunte verteenwoordig, sny

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n spreidingsgrafiek. Trek die lyn van beste passing.

    Oplossing:

                               

    Voorbeeld:

    Hieronder is 'n spreidingsgrafiek. Trek die lyn van beste passing.

                      

    Antwoord: