• Gebrokelyngrafieke

    As twee stelle data vergelyk moet word, is sirkeldiagramme nie die beste opsie nie.  Meervoudige staafdiagramme of gebrokelyngrafieke sou beter geskik wees vir hierdie taak.  Wanneer meer as 2 stelle data vergelyk word en ons die tendense moet sien, is gebrokelyngrafieke die beste opsie.

    Streng gesproke moet die stippels op 'n gebrokelyngrafiek nie verbind word nie. Vir vergelyking, of die vasstel van 'n tendens in data, verbind ons hulle egter wel.

    Nota: 'n Gebrokelyngrafiek is nie 'n stippellyn nie; dit word na verwys as gebroke, omdat dit op en af loop en nie 'n konstante gradiënt het nie.

    Voorbeeld:

    Produk

    1.Vir watter jaar toon die grafiek die eenheidsproduksie van 3 produkte aan?

    2.Watter produk het die hoogste produksie?

    3.Waarom is daar geen syfers vir November en Desember vir Produk Y nie?

    4.Bespreek die tendens van Produk Z.

    Antwoorde:

    1.2004

    2.Produk Y vir Januarie tot April.  Produk X vir Mei tot Desember.

    3.(Redes kan verskil)

    Een moontlikheid is dat die produksie bly afneem het, en hulle dus opgehou het om dit te vervaardig.

    4.Produksie het in die middel van April begin en vir 3 maande toegeneem. Daarna het produksie gewissel, maar oor die algemeen was daar 'n  toename in produktiwiteit.

    Voorbeeld:

    Die grafiek wat werkloosheid in Suid-Afrika verteenwoordig, word gegee.

    Swart; Gekleurd; Indies/Asiaties; Wit; Gemiddelde

    1.Watter jare word op die grafiek verteenwoordig?

    2.Watter ras het die hoogste werkloosheid?

    3.Watter ras het die hoogste afname in werkloosheid?

    4.Watter jaar het dieselfde werkloosheidskoers vir 2 van die rasse? Watter rasse is dit?

    Antwoorde:

    1.2001 tot 2006

    2.Swart

    3.Indies en Asiaties

    4.2003.  Indies/Asiaties en Gekleurd

    EKSAMENGEBASEERDE VRAE/AKTIWITEITE

    Les 1

    Die sirkeldiagram toon die verskillende soorte pizzas wat op 'n spesifieke dag verkoop is.

    1.Watter persentasie pizzas verkoop, was Hawaiies?

    2.Wat is die grootte van die hoek wat deur die aantal Margheritas verkoop, verteenwoordig word?

    3.In 'n sirkeldiagram meet jy die grootte van die hoek wat die aantal mense voorstel wat Capuchino bestel het, as 29°. As 500 mense aan die opname deelgeneem het, hoeveel het Capuchino bestel?

    Les 2

    Bestudeer die staafdiagram en beantwoord die vrae.

    Dag

    1.Wat toon die staafdiagram aan?

    2.Van watter vrugte is daar op elke dag die minste verkoop?

    3.Van watter vrugte is daar elke dag ongeveer dieselfde hoeveelheid verkoop?

    4.Met hoeveel het die verkope van lemoene van dag 1 na dag 2 toegeneem?

    5.Van watter vrugte is dieselfde hoeveelheid op dag 2 verkoop?

    Les 3

    Bestudeer die histogram hieronder.

    1.Hoeveel wedstryde is in die seisoen gespeel?

    2.Wat is die hoogste aantal punte wat in een wedstryd aangeteken is?

    3.Wat is die minimum moontlike aantal punte wat in die seisoen aangeteken kan word?

    4.Wat is die modale klas?

    5.In watter interval lê die mediaan?

    6.Wat is die vorm van hierdie verpreiding?

    Les 4

    Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae.

    1.Wat word in hierdie grafiek vergelyk?

    2.Die horisontale as is nie benoem nie.  Is dit 'n probleem?

    3.Watter plek het die hoogste gemiddelde maksimum temperatuur?  Wanneer kom dit voor?

    4.Watter plek het kleinste omvang in temperature?

    5.Wat is die verskil in gemiddelde temperatuur in die Kruger Nasionale Park in Mei?

    6.As jy van matige temperature hou, waar sou jy in die somer heen gaan?  Gee 'n rede.

    ANTWOORDE

    Les 1

    Die sirkeldiagram toon die verskillende soorte pizzas aan wat op 'n spesifieke dag verkoop is.

    1.100% - (38 + 26 + 9 + 5)% = 22%

    2.38% × 360° = 136,8°

    3. mense (tot die grootste heelgetal)  

    Les 2

    1.Die staafgrafiek toon die gewig in kilogram van vrugte wat op twee verskillende dae by 'n mark verkoop is.

    2.Pomelo’s.

    3.Pomelo’s en papajas het omtrent dieselfde gebly.

    4.Die verkope van lemoene het van dag 1 tot dag 2 met 7 kilogram gestyg.

    5.Geen vrugte het op die tweede dag dieselfde hoeveelheid verkoop nie.

    Les 3

    1.9 + 6 + 3 + 4 + 1 = 23 wedstryde

    2.Maksimum moontlik is 59, maar dit kan enige waarde van 50 tot 59 wees.

    3.10 punte

    4.10 – 19 punte

    5.20 – 29 punte

    6.Effens na links skeefgetrek, of effens positief skeefgetrek.

    Les 4

    1.Die gemiddelde minimum en maksimum temperature vir Kruger Nasionale Park, Johannesburg en Kaapstad.

    2.Nee, 'n mens kan sien dat die horisontale as die maande van die jaar is.

    3.Kruger Nasionale Park in November.

    4.Kaapstad.

    5.25 – 12 = 13oC

    6.Kaapstad. Die dagtemperature is die laagste en die aandtemperature is nie te koud nie.